Geverifieerde Resensie
West Coast
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in West Coast bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 6854 resensies.
"Kan nogal steurend wees as daar elke uur of so 'n man verbykom wat onwettige kreef en/of mossels probeer smous."
"Het min tyd gehad om in die dorp rond te loop. Dit is meer local mense wat ek kon sien. Mens voel nooit onveilig nie. Die see is baie mooi daar. Lekker stil en rustig. Ek is 'n fotograaf en het gewerk daar, oulike venues in die dorpie. Bosduifklub se kos is uit die boonste rakke. Ook baie gasvry mense daar. "
"Die dorpie het bietjie agteruit gegaan vandat ons laas daar was (veiligheid), maar die vermeerdering in wynplase en restaurante en selfs n boeremarkie was verbasend. "
"Quaintest little town, friendly locals, clean and peaceful. And lots to do if you're energetic, as we are. Walks are fabulous, along the beach or rocks. 2 nice tennis courts. Good restaurants and coffee shops. Its unspoiled, unlike Hermanus and Plett, etc. Easy drives to wine estates, Darling, Langebaan, West Coast Park, Buffelsfontein for game drives, San Reserve which is fascinating and also lovely views, Mykonos. Weekend just too short! And its an easy 1 hour drive from Cape Town, huge plus. You can tell I'm a great fan of marvellous Yzerfontein!"
"Maak seker jy koop genoeg en in 'n dorp buite Jacobsbaai. Veral as jy laat daar aankom."
"Klawer se dorp is nie 'n plek om oor opgewonde te raak, maar die One-Stop vulstasie, padstal en wynplaas bly 'n wenner en 'n goeie plek om te stop."
"Pragtige Weskusdorpie en nader aan die natuur en seelewe kan jy nie kry nie! Kan nie wag vir ons volgende besoek nie!"
"Die kombinasie van die berg, met sy grotte, en die see met die ryk seelewe bied 'n ideale wegbreekbestemming as jy op soek is na rus en stilte. Die dorp kan voorsien aan die basiese benodigdhede, met Lambertsbaai en Clanwilliam naby genoeg om voorrade aan te vul."
"Pragtigste dorpie wat ek al ooit gesien het. Restaurante in die dorpie is ongelooflik, soveel nuwe kos ervaringe gehad in die tyd wat ons daar was."
"Vredenburg is nogal 'n groot dorp met baie winkelsentrums en malls. Die mense is baie vriendelik en hulpvaardig. Dit is ook baie ideal geleë om die nabye kusdorpies te besoek. Ek sal Vredenburg definitief weer besoek."