Geverifieerde Resensie
West Coast
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in West Coast bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 6854 resensies.
"As jy Strandfontein toe gaan, vat maar alles saam. Dis 'n vakansie bestemming, so jy gaan rus daar. Daar is geen verkeer nie, en hulle het 'n pragtige karavaanpark met die mooiste uitsig. Die winkeltjie op die dorp maak reeds 18:00 toe, so as jy iets vergeet het, wikkel maar vroeg. Daar is ook 'n restaurant op die dorp wat maar redelik duur is vergeleke met ons dorp se restaurante. Besoek gerus ook vir Doringbaai (8km ver) en gaan proe wyn by Fryers Cove in die ou vis fabriek. NS: Onthou jou bergfiets-lekker roetes om te ry in die omgewing."
"Alhoewel die plek afgeleë voel is dit tog naby ander dorpe en groot winkelsentrums."
"Ons het nooit gehoor van Jacobsbaai nie, altyd net Paternooster, maar ons sal definitief altyd in Jacobsbaai bly, want dit is die mooiste klein plekkie. "
"Doringbaai is 'n klein kusdorpie, net een handelaar wat als verkoop van brood tot brandstof."
"Ons is mal oor Paternoster en sal beslis weer daar gaan vir vakansies in die toekoms. Interessante plekke om te besigtig: Tietiesbaai (Veral die Seekombuis restaurant), Stompneusbaai, Brittanica en Veldrif."
"Olifantskop is perfect for a breakaway out of the big city. It is so peaceful and beautiful. "
Longacres Country Landgoed, Weskus
Camelot Cottages"Het Thali Thali terdeë geniet en Boesman Restaurant 'n besliste aanbeveling."
"Long open beach to walk on. Weskus Kombuis Resturant a definite stop for a good meal."
"Lambertsbaai is een van die beste toeristebestemmings in ons land. Ek sal definitief gereeld daar vakansie gaan hou en dalk myself daar vestig."
"Yzerfontein is die lekkerste dorp aan die Weskus om bietjie weg te kom van al die lawaai in die stad. Salig en pragtig. Die mense in Yzerfontein is ongelooflik vriendelik en bedagsaam en daar is 'n paar eetplekkies met die lekkerste kos. Wat jou vakansie na Yzerfontein ook lekker maak, is dat as jy wil rond toer is die ander mooi dorpies aan die Weskus net 'n entjie weg, jy kan Paternoster toe vir die dag, Jacobsbaai, Darling om net 'n paar te noem. Dis die see- en bos-ervaring saam, wat meer wil mens dan nou hê!"
"Langebaan bied alles wat 'n mens in 'n vakansie soek. Ons het gholf gespeel en ek kan die Gary Player signature gholfbaan aanbeveel vir enige gholfer."
"Lovely sea side setting - don't be fooled into buying crayfish from the locals as there is a R2500 fine! Shops cater mainly for the tourists (prices too high for locals)."
"Prefer Langebaan off-peak season. The quiet beach town atmosphere was exactly what we needed. Felt like home."