Verified Reviews
West Coast
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in West Coast
Rated 4.5 out of 5 based on 6600 reviews.
"Paternoster is 'n bekende trekpleister vir toeriste en die winkels/besighede/restaurante misbruik dit. Die produkte in Die Winkel in Paternoster is buitensporig duur. Die konfyte en ander produkte in die winkel is dubbeld so duur soos in ander buurdorpe. Die restaurant langsaan die teater was die enigste eetplek in daai omgewing wat oop was op 'n Maandag tydens die skoolvakansie. Die diens was uiters swak, van die toeriste het opgestaan en geloop aangesien die kelners nie belangstelling getoon het om hulle te bedien nie. Ek self het 15 minute gewag om my rekening te kry en moes self vir dit gaan vra het. Daar is baie omliggende dorpies met dieselfde bekoring as Paternoster en heelwat goedkoper winkels en vriendeliker mense."
"Vriendelike dorpsmense, lekkerste slaghuis met heerlike en bekostigbare vleis en ingelegde produkte. Die Spar is groot met heerlike vars groente en vrugte."
"Lambertsbaai was 'n lekker eerste ondervinding. Bird island was 'n interessante ondervinding en Isabellas restaurant het vir 'n vriendelike en gesellige atmosfeer gesorg na die uitstappie, met 'n lieflike uitsig oor die hawe se bedrywighede en Bird island self."
"As jy wil afskakel is dit die plek. Strandfontein is ook pragtig en skaars 8 km weg. Papendorp se labarint was ook lekker om te sien en stap."
"Die strand is lieflik, die natuurskoon pragtig. Vir baie loop en verder 'n rustige, ontspanne tydjie is Yzerfontein 'n goeie keuse. Yzerfontein is ook lekker naby aan Darling vir 'n dagbesoek."
"Dit was baie mistig met aankoms en die volgende oggend, so ons ko nnie die omgewing lekker sien nie."
"The people in Velddrif are friendly and welcoming, it's a quiet town, and easy to relax."
"Velddrif is rustigheid homself. Die plek en omliggende areas is fantasties vir families om te verken."
"Dit is 'n pragtige dorpie met vriendelike mense. Orals was die diens uitstekend. Beslis 'n plekkie wat jy moet besoek."
"Jacobsbaai is pragtig. Daar is 'n groot winkelsentrum naby in Vredenburg, vir alle benodigdhede."
"Yzerfontein is small and laid back. Not a lot of restaurants to choose from. We mainly went to Lula's (very nice). Perfect for relaxing. Tip: book activities in advance, before you go on your trip. Beautiful sightseeing and small hiking trails."
"Rustige dorpie, net wat die siel nodig het om af te pak en te ontspan."
"Doringbaai is perfek vir reisigers wat wil wegkom van die gejaagde stadslewe."
"Baie hartseer oor diefstalsyfer van Paternoster veral omdat dit ons gunstelingvakansiebestemming is. Paternoster is 'n dorp uniek aan ons land, met sy "locals" wat jou ervarings laat beleef soos nog nooit. Kindertjies wat hulle eie name op 'n klip skryf en aan jou probeer verkoop sodat hulle "katkop en tjips" kan koop of byname wat vir jou gegee word soos Mr Vrystaat. Hoekom ervarings in ander lande gaan soek as Suid-Afrika dan Paternoster het?"
"Natuur is absoluut fantasties. Die strande is ongelooflik om op te stap. Alles is sentraal geleë en die diens oral is baie behulpsaam en vriendelik."