Geverifieerde Resensie
West Coast
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in West Coast bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 6547 resensies.
"Dis 'n pragtige dorpie met baie vriendelike mense en ek het nog nie beter vis en tjips geëet as dié op die kaai daar nie!"
"Ons hou van Yzerfontein want dit is net 'n uur vanwaar ons bly. 'n Mens kan uitry na omliggende dorpe soos Darling, Paternoster, Langebaan, ens."
"Ideaal vir 'n rustige wegbreek. Nie baie aktiwiteite nie, maar lekker vir stap en seetoe gaan."
"Ons het 'n sagte plekkie vir Yzerfontein en probeer so gereeld moontlik daar kuier."
"Sal baie graag Lambertsbaai weer wil besoek. Die oornag-slaap daar was hopeloos te kort."
"Daar is net 1 restaurant in Vredendal wat oop is saans. Die naburige dorp Strandfontein het geen restaurante gehad wat oop was nie (daar is 2). Ons kon wel Vanrhynsdorp toe ry, daar is 'n Red Ox restaurant wat ons kan aanbeveel."
"Hou dit eenvoudig sonder enige onnodige uitbreiding en dit sal altyd op my lysie wees."
"Velddrift sal in sommiges se behoeftes voorsien, maar talle sal teleurgesteld weggaan."
"Ek is van die Weskus en St Helenabaai sal altyd een van my gunsteling bestemmings bly. As jy 'n wegbreek soek van die stadslewe is St Helenabaai 'n goeie opsie. Die mense is vriendelik en daar is baie akkommodasie waar jy kan ontspan of jy kan ook net gaan vir 'n dag by die see. Die strand is glad nie vol nie."