Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 36701 reviews.
"Alles wat ons nodig gehad het was byderhand, restaurante, groot en klein winkelsentrums en parke. Dit is gerieflik en maklik om in die buurt te stap en dit is redelik naby reservate en staproetes.Ons het maklik oor die weg gekom na enige kant toe - stad toe, Valsbaai toe, Boland en Overberg toe en lughawe toe. Ons het wel nie in spitstyd gery nie. Rondebosch is natuurlik naby die Nuweland stadionne en die gastehuis is baie gerieflik vir wedstryde. "
"Wonderlike dorp met vriendelike mense, fantastiese maaltyd by Reubens geniet."
Voor-Paardeberg Wine Ward, Western Cape
Nine Oaks Self-catering Accommodation"The small narrow road might be upgraded a bit."
"George is sentraal en perfek vir toeriste wat die omliggende strande wil sien: Knysna, Oubaai, Mosselbaai ens. Oudtshoorn en Meyerspoort is wonderlik om te sien. "
"Baie sentraal en op al die hoofroetes. Vermy egter Voortrekkerweg. Eetplekke in Tygervallei heel skaflik."
Prince Alfred Hamlet, Western Cape
Rhodene Farm Cottages"Die landelikheid en ongewone aantreklikheid van die Skurweberge is 'n welkome kombinasie saam met die vrugteboorde om 'n omgewing te skep wat nie sommer geëwenaar kan word nie. "
"Vriendelike mense in Beaufort-Wes oral waar ons gegaan het. Dit is nie jou gewone Karoo dorpie nie. Dit het uitstekende fasiliteite. "
"Vir mense wat 'n stil vakansie wil gaan geniet of die omgewing wil besoek is dit die ideale plek, maar vir jongmense wat nie kan stil sit nie is dit nie so ideaal nie."
"Dit is redelik afgeleë en geïsoleerd met nou en soms steil toegangspaaie na die huise, maar dit is seker juis die bekoring. "
"Paternoster is 'n beeldskone plekkie op die Weskus. Definitief 'n moet-besoek bestemming."
"Wonderful town to visit for a long weekend. Mountain trails well marked, restaurants excellent and location beautiful."