Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 36701 reviews.
"Die pragtigste skoonste dorpie ooit. Pragtige uitsig oor die Langeberg met baie om te sien in dorpie se geskiedenis."
"Wonderlikste, rustigste dorpies met die mees wonderlike vriendelike inwoners en besienswaardigehede. "
"Quaint. Laid back feel, we were very new to the place and did'nt know much about what can be done in the area other than go to the beach or eat out. I suppose if we asked around we could have found out about "Things to do" in and around Struisbaai. Maybe a little more advertising? However the place in general is clean and well maintained. Its peaceful and friendly, with awesome views. It reminded me of my childhood days holidaying at the sea....... not a care in the world ;-) Sun, Sea, Sand!!"
"Maak vooraf seker oor die tye wat die plek oop is want ons was verras toe Fairview vir 'n privaat funksie vroeg gesluit het en nie alle eetplekke is oop vir ontbyt en aandete nie."
"Wat 'n lieflike dorpie. Ons het heerlik gekuier ten spyte van die water beperkings. Die sonsondergange is ongelooflik. Vir uiteet: Kaijaiki was ongelukkig n teleurstelling. Lulas was n heerlike verassing. Ons het ontbyt geniet wat regtig smaaklik voorberei was. Yzerfontein is die ideale vakansie dorpie. "
"Dit is 'n baie mooi bestemming. Die restaurant is so bietjie van 'n teleurstelling, alhoewel die kos baie smaaklik was. Ons het op 'n Vrydagaand gaan eet by Tallas Tavern naby die hoofstrand en moes meegedeel word dat die kombuis om 21:00 sluit die aand. Dit is asof ons die gevoel gekry het dat die geriewe meer vir "locals" beskikbaar is as "toeriste". Ons het wel 'n lekker biltongplek ontdek. Hy sit op die hoofroete in Gordonsbaai net agter die Spar winkelsentrum genaamd Biltong Paradys. Dit is 'n klein plekkie maar die biltong, droeëwors en ander lekkernye maak lekker padkos om aan te smul. "
"Pragtige dorp. Enigste nadeel is dat daar nie vir klein kinders in die dorp voorsien word nie wat dit 'n moeilike bestemming maak om klein kinders heen te vat."
"Ons harte was stukkend oor die erge droogte! Alle sterkte aan die boere en gemeenskap!"