Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 36612 reviews.
"Kleinmond is 'n baie veilige omgewing met lae misdaad waarvan ons bewus is. Die infrastruktuur is in 'n goeie toestand en die kus bied baie vir die besoeker. Dit is sentraal geleë, maar sonder die gewoel van Hermanus of die Kaap. Dit het goeie verbindingsroetes na weste, ooste en noorde. 'n Winkelsentrum en vulstasie sorg vir die nodige koopbehoeftes."
"Baie lekker plek. Ek en my familie het die langnaweek terdeë geniet aangesien dit ons eerste keer in die plek was."
"Gansbaai is 'n gesellige dorp. Dit voel glad nie soos 'n toeristebestemming nie. Franskraal en De Kelders voel meer so a.g.v. die vakansiehuise. Gansbaai het meer gevoel soos 'n dorp met hul "locals", maar dit maak nie mens se ervaring enigsins sleg nie. Ons het wel baie lank gewag vir ons kos by 'n spesifike restaurant, maar die kos was die moeite werd. Die ander plek waar ons loop eet het, was weer baie vinnig met net net sulke heerlike kos, so Gansbaai met sy verblyf en restaurante kan vir enigiemand aanbeveel word."
"Asemrowend mooi. Plekkies om 'n draai te moet maak is "The Fork and Train, Kraai4Braai en Sea Gypsy. Dit was regtig die tyd en geld werd om daarheen te gaan."
"Lyk na 'n lekker plekkie om vir 'n paar dae te gaan ontspan en batterye te herlaai."
"Prins Albert is beslis 'n besoek werd. Heerlike eetplekkies. Die museum moet beslis ook besoek word. "
"Dit is seker een van die mooiste strande in Suid Afrika!. Uitstekend vir visvang, nog meer geskik vir lekker lang ente se stap en sekerlik baie geskik vir swem saam met die kinders!!"
"Sedgefield is a very quiet and adoring little town ,if you want to relax its definitely the perfect place. For the adventurer in you it's a bit far from everything as you have to drive everywhere."
"Wilderness is an awesome place with great people and the views are just amazing! t is located in the center, between George and Knysna and that's another awesome factor! It is very convenient and offers easy access to beaches and there is plenty of activities for everyone."
De Hoop Nature Reserve, Western Cape
Aloe Cottage"Dit kort meer verskeidenheid van wild en nie net bokke, volstruise en paar zebras nie. Natuur was andersins baie mooi, veral langs die kus. "
"Hartenbos is 'n baie lekker plek om vakansie by te hou, ek kon my lag nie inhou vir al die snaakse winkelname. Die mense daar is baie vriendelik en dit is baie veilig."
"As jy Strand as 'n basis gebruik om die Wes Kaap te beleef is dit baie ideaal. Nie te ver om elke dag te ry nie. Bekostigbaar met die see as bonus. Egter baie boemelaars beleef wat jou werklik onveilig laat voel as jy op die strand stap in die laatmiddag. Stap op die strand in die aand onmoontlik. "
"Dis pragtig, het my asem weggeslaan, kan nie glo ek was nog nooit daar nie! Sal dit vir almal aanbeveel."