Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 35325 reviews.
"Dit was pragtig en asemrowend. Was by die see in Plettenbergbaai. Die natuurskoon is uitstekend. Sal dit aanbeveel vir enige persoon wat in die omgewing is om 'n draai te maak in Plettenbergbaai. Volgende keer sal ek langer bly en my bergfiets saamvat."
"Die rustigheid en oorspronklikheid, asook vriendelikheid van die mense in die Vallei, staan uit. Die verskeidenheid eetplekke is ook 'n pluspunt. Sal weer gaan."
"Padwerke vanaf Kalkbaai na en van Vishoek 'n nagmerrie. Sedert laas besoek gevind Vishoek se strate heelwat skoner. Dankie vir julle SMS en opvolg."
"Nie seker of ek daar sal kan woon nie, maar sal daaraan dink vir vakansie of wegbreek."
"It is an excellent place to go if one wants to relax and take long walks along the beach. The fish shop serves lovely fish and chips."
"Die plek het potensiaal om baie meer te kan doen. Hulle het oulike fasiliteite. Diens by die restaurant was wel goed, maar diens by ontvangs het baie werk nodig."
"Hoop dit brei nie so uit soos van die ander Weskus-bestemmings nie. Baie oulike dorp en naby aan plekke soos Darling ens. Baie blomme al klaar in Yzerfontein gesien."
"Ons het 'n supermark soos Spar gemis. Kokerboomkwekery en die restaurant oorkant die N7 was besonders."
"Mooi en skoon dorpie met baie vriendelike mense. Laat mens tuis voel en sal beslis weer besoek."
"We were spoilt having visited other small towns. I was expecting something more "quaint"."