Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 36701 reviews.
"Dis redelik naby Stellenbosch geleë. Mens het die rustigheid om buite die dorp te bly maar is nie ver van winkels en restaurante af nie. Baie mooi. Paaie soontoe is ook goed."
"Beautiful and historic. Easy access to both wine regions and the Klein Karoo. "
"Lekker dorpie waar jy nog kan parkeer by jou gastehuis en rondloop waar jy wil wees. Pragtig."
"Die berge is pragtig en dit was 'n voorreg om in die hatjie van ons vrugte produserende gedeelte te kon reis. "
"Jacobsbaai het vir ons rus vir ons siel gebied. Baie skoon en netjiese dorpie. Kindervriendelik. Jacobsbaai is ook naby aan die bekende Weskus-dorpies, so dis lekker om in Jacobsbaai te oornag en al die omliggende dorpies te besoek. Eersteklas!"
"Wat 'n pragtige dorpie om te verken! Lekkerste restaurante. Wil graag Old Mill uitsonder. Waterblommetjiebredie was heerlik! Ons moes net baie lank wag."
"Perlemoenbaai en De Kelders is lieflik. Min swemstrande daar maar Franskraal se heerlike familie swemstrand het opgemaak daarvoor! Pragtige uitsig en genoeg winkels, ook lekker drafpaadjie langs die see! Ons het heerlik gekuier!"
"Knysna is een van ons gesin se gunsteling bestemmings. Daar is ook so baie ander aktiwiteite en toeriste aantreklikhede in die omgewing veral Plett se kant toe. Restaurante op Thesen Island is fantasties. Ons sal verseker weer soontoe gaan."