Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 36701 reviews.
"Mosselbaai het iets vir elkeen. Sal altyd 'n gewilde vakansie bestemming vir ons wees."
"Currently, with the road works it makes that region not so favourable - but for backpackers and passers-through, Ukhulo ( i.e. Faith) Lodge serves its purpose as a stop-over haven. (I am not too familiar with the tourist attractions of Citrusdal)."
"Ek was nog nooit 'n see-mens nie en as "valie" sukkel ek steeds om te verwerk dat dit reën in die winter wanneer dit koud en winderig is. Awesome natuurskoonheid en Tafelberg bly 'n wenner, veral van bo af gesien."
"Danabaai is die perfekte vakansie plek met kleinkindertjies of as jy wil rustigheid hê. Die klimaat is baie stabiel en die strande is ongelooflik netjies. Danabaai is 'n privaat dorpie wat oor alle nodige winkeltjies beskik (van 'n OK Foods tot 'n wassery). Baie oulike dorpie."
"The Noisy Oyster Restaurant was puik, lekker geroosterde vis en calamari."
"Van die lekkerste strande in die wes kaap. BAIE veilig vir kinders. En omring deur pragtige stede soos George en Mosselbaai. Die natuur gee mens ook nog 'n gevoel van ongereptheid. Salig."
"Ek was baie verbaas gewees opm te sien hoe Malmesbury uitgebrei het. Dit is 'n volwaardige dorpie met baie interessante plekke wat jy kan besoek in en om die dorp. Mense is baie gasvry en dit is geleë in 'n ongelooflike mooi omgewing!"
"Kleinmond is vir ons 'n topbestemming. Mens het nog die gevoel van klein dorpie by die see. Verkeer is minimaal...en die hawe bied lekker kuierplek. Kinders geniet die strandmeer bydie hoofstrand en mens gaan kruip weg ir die wind by Palmiet, waar jy kan swem...roei...braai en die wind los jou uit! Walvisse gesien op ons trippie in Oktober..."
"Beautiful lagoon, nice restaurants, perfect spot for discovering the Garden Route."
"Gordonsbaai is heerlik rustig. Dit bied 'n ideale basis vanwaar Kaapstad, Stellenbosch en wynroetes verken kan word. Daar is verskeie lekker kuier restaurante in die dorp en jy kan heerlike ontspan na 'n dag se rondrits en gewoel."
"Table View is perfek geleë! Naby aan Bloubergstrand en Big Bay, en naby genoeg aan die stad."
"Hartenbos sien my definitief weer, mits ek by Me Time, kan plek kry. Fantastiese plek - sentraal geleë sodat jy in 'n radius van ongeveer 60km menig bekende toeriste aantreklikhede kan besoek."
"Pragtige klein strandjie om te gaan stap. Daar is ook restaurantjies op die strand wat dit vir my uniek gemaak het. Beslis 'n plekkie wat ek weer sal wil besoek."