Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 35758 reviews.
"Dis altyd lekker by die see. Langebaan brei net al hoe meer uit. Almal is altyd vriendelik."
"Die dorp is klein en eetplekke min, veral as jy 'n toeris is wat na 'n lang pad iets wil kry om te eet, sou sê dis perfek vir 'n oornagbestemming maar nie langer nie."
"Die strand is 'n wenner en ek sal vir seker teruggaan Paternoster toe, maar net nie so na aan die hawe nie. Die bakkies raas al van 4 uur in die oggend, selfs oor naweke."
"Rustig, loop en verken die dorp. Die ou huise en mense van die area is 'n juweel."
"Fantastic location with major shops in Gansbaai, just about 20 min away. Pearly Beach has beautiful beaches and far enough away from the December crowds."
"Die stad bied so baie dat indien een ding nie uitwerk nie, kan jy iets anders in die plek vind om te doen. Ons was elke dag besig met meestal buite-aktiwiteite soos Murati, Fairview, Delheim en Knorhoek-wynkelders. Die Afrikaanse Taalmonument en The Alpaca Loom-plaas is ook vinnige stoppe in die wynkelders se omgewing. Die Rooibus kan 'n hele dag of 2 opneem en dit wys al die hoofplekke. Waterfront en als wat dit bied. "Cool Runnings" is 'n goeie aktiwiteit vir die jonger mense wat van aksie hou. Baie plekke om te eet oral waar jy ry. Die diens is net bietjie stadig het ons gevind. Ek wil egter The Dialy Cofee Cafe Bloubergstrand uitwys vir goeie, vriendelike diens en uitstekende koffie en kos."
"Die dorp het maar effe agteruit gegaan, maar daar is beslis 'n paar juwele soos Áltyd Lekker en die 4 Sheep-eetplek en Deli. Die Wimpy was ook heel vriendelik en die diens vinnig!"
"Beslis 'n plek om te besoek en weer te besoek. Daar is net te veel om te doen in een vakansie."
"My verwagtings van Prins Albert was nie oortref nie. Het gedink dit gaan meer besonders wees soos bv. Clarens. Nie veel om te sien of doen nie behalwe stap, eet en drink. Die winkels ens. is nogals duur maar dit is seker te wagte vir 'n toerisdorpie. Dorpie self is pragtig en netjies."
"We could not find any shopping centres close by with shops like Clicks/DisChem nor PnP."
"Elke dag iets gehad om te doen. Restaurante se kos en diens was uitstekend."