Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 35606 reviews.
"Besoek beslis Riversdal en die pragtige Bali-sentrum. Die diens is uitstekend en die kaas en olywe is 'n moet koop."
"Mosselbaai en Hartenbos het ons hart gesteel, sal enige tyd weer besoek. Dit is ons gunsteling vakansieplek. Die dorp is netjies en skoon. Die mense is vriendelik en behulpsaam. Sal dit beslis vir vriende en familie aanbeveel."
"Het 'n bekende digter op die dorpie ontmoet. Dorp is skoon en die mense is vriendelik."
"Love Plettenberg Pay, there's so much to do. This was our third but not final visit."
"Greyton is 'n lekker plek om vir 'n rustige naweek weg te gaan. Baie lekker eetplekkies en gallerye om te besoek."
"Die munisipaliteit behoort beter ondersteunend tot 'n puik fees te wees. Die KKNK was puik."
"Ons het die KKNK baie geniet. Was net teleurgesteld in hoeveel sitplekke beskikbaar was by toneelstukke. Het op kort kennisgewing besluit om 'n vertoning te gaan kyk, maar Webtickets het gewys die kaartjies is uit. Dankbaar ons het tog gaan probeer, maar was verbaas om te sien ongeveer 1/3 van die sitplekke is leeg. Ons kom vir seker weer. Die Oudshoorn mense is so oop, warm, hulpvaardig en vriendelik."
"Die beste vakansie en skoon stad in Suid-Afrika. So baie om te sien. "
"Paternoster is 'n bekende trekpleister vir toeriste en die winkels/besighede/restaurante misbruik dit. Die produkte in Die Winkel in Paternoster is buitensporig duur. Die konfyte en ander produkte in die winkel is dubbeld so duur soos in ander buurdorpe. Die restaurant langsaan die teater was die enigste eetplek in daai omgewing wat oop was op 'n Maandag tydens die skoolvakansie. Die diens was uiters swak, van die toeriste het opgestaan en geloop aangesien die kelners nie belangstelling getoon het om hulle te bedien nie. Ek self het 15 minute gewag om my rekening te kry en moes self vir dit gaan vra het. Daar is baie omliggende dorpies met dieselfde bekoring as Paternoster en heelwat goedkoper winkels en vriendeliker mense."
"Myself and my family found Mossel Bay a great adventure destination with many activities to enjoy."
"Dis 'n pragtige dorp met sy netjiese strate. Daar is ook 'n verskeidenheid van restaurante om van te kies."
"Vriendelike dorpsmense, lekkerste slaghuis met heerlike en bekostigbare vleis en ingelegde produkte. Die Spar is groot met heerlike vars groente en vrugte."