Geverifieerde Resensie
Western Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 35606 resensies.
"Pragtige, ou geboue en huise oral in die dorp. En die groot, ou eikebome dra by tot die karakter van die dorp. Net jammer dat daar op Saterdagaande resies gejaag word met motors in die hoofstraat."
"Struisbaai sal altyd my nommer1-kampeerplek wees. Ek kies ook die see omdat dit die suidpunt van Afrika is."
"My "hometown" was regtig lekker om weer 'n slag daar te kuier. Werklik 'n alles in een geraak. Nie nodig vir stad toe gaan nie."
"Daar is interessante en mooi passe in die omgewing om te ry."
"Idilliese klein dorpie met pragtige landskappe en woonhuise. Die kultuur is 'n unike ervaring. Beslis 'n plek om te besoek."
"Pragtige dorp. Die weer en vele aktiwiteite maak Mosselbaai beslis een van my gunsteling vakansieplekke. Alle groot winkels en mediese sorg is beskikbaar. Definitief 'n plek om weer te besoek."
"Daar is so baie om te doen in Kaapstad. Selfs die erge wind van die naweek het ons nie gekeer om 'n goeie tyd te hê nie."
"Pragtige dorpie, net jammer oor die verval in die dorp. Slaggate en geen straatligte maak die baie moeilik om in die aande in Oudshoorn te ry."
"Hermanus bly maar eenmaal uitstekend! Die rustigheid en pragtige see-uitsig bring 'n heerlike kalmte vir die gees. Dis altyd lekker om hierheen te reis om jou batterye van lewe weer te vervul. Mens verlaat Hermanus met 'n nuwe gesindheid en word weer lus vir die lewe!"
"Vriendelike en witty mense wat op Paternoster bly. Die dorpie is nog ongekunsteld en het restaurante met die mees fantastiese seekos. Oulike winkeltjies. Lekker lang strand om op te stap en 'n bonus is dat honde los kan rondloop. Bykans alle restaurante is troeteldiervriendelik."
"Witsand is pragtig. Dit is ideaal vir vissermanne, stappers, swemmers en enigiemand wat net wil rus. Nella se winkel is pragtig vernuwe en die nuwe restaurant oorkant Nella se winkel is tops."
"Die KKNK het heelwat van sy glorie verloor. Ek mis die feesatmosfeer van ouds. Miskien sal dit weer herstel van wat ek glo 'n COVID babelaas is."
"Dit bly 'n juweel, en mens hoop dat dit nie 'n oorvloed van mense gaan kry soos ander Weskusdorpe wat net pryse laat styg nie."