Geverifieerde Resensie
Western Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 36180 resensies.
"Ons was in Moorreesburg vir 'n troue en het dus nie baie rond gery in Moorreesburg self nie."
"Verskriklik baie om te ontdek in die omgewing, ry die agterpaaie en grondpaaie."
"It's a beautiful, clean, scenic destination. Leisure Island is definitely the place to be."
"Wat afbreek doen aan die dorpie se geskiktheid as toeriste-aantreklikheid en hoofkwartier waarvandaan verkenning van die pragtige omgewing gedoen kan word, is die onooglike informele nedersetting amper in die dorp. Ek het besoek gebring om eindom te besigtig met 'n plan om daarheen te verhuis vir aftrede; nou sal ek twee keer dink."
"Ongelukkig het ons die Muisbosskermrestaurant gemis, maar die seekos by Isabella restaurant was heerlik, veral die seafood platter."
"Die dorp het die mooiste blomme-uitstalling wanneer dit blommekyktyd is. Lekker eetplekke en mooi omgewing."
"Pragtige dorp, vriendelike mense, uitstekende restaurante. Beslis die naam Dorp Van Die Jaar werd."
"If you're looking for a place to relax and destress, then this is the place. You can make a day trip to Oudtshoorn if you like or just stay and enjoy the views."
"Jy moet jou rigting en plekke in die Paarl ken - dit kom maar deurmekaar voor. Vra maar vir Minette vir voorstelle vir resaurante. Die meeste is bietjie weggesteek."
"Besoek die Boekklub, Karoo Blessings vir lekker nougat en lekker kuier met Mariaan en Suzanne. Draai by die kerk wat stunning is en ry deur die hele plek. Sal beslis weer hier kom besoek. Merweville is 'n great dorp!"
"Toegang tot Stellenbosch vanaf die N2 of R310 is 'n nagmerrie. Gebruik liewer die R44 of R46 vanaf die N1."
"Barrydale is baie goed geleë om groot dele van die Klein-Karoo te besoek. Die dorp is skoon en het wonderlike toeriste-besoekpunte."
"Die strand/(swem)-gebied is nie so maklik toeganklik nie en die baie bamboese met derduisende goggas daartussen, is nie so aangenaam nie. Andersins is die omgewing en natuurskoon asemrowend mooi."
"Ons dag was te kort om alles te doen wat ons wou. Moet definitief langer as 'n dag oorbly."