Geverifieerde Resensie
Western Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 59829 resensies.
"Dis 'n baie lekker plek. Ons het by Benguaela Blue middagete geniet en die kos was heerlik. Diens vriendelik en die pryse redelik. Selfs as Suid Afrikaners wat altyd bedag is op misdaad, voel mens ongelukkig ietwat onveilig. Ons is selfs op die strand deur 'n kreefsmous gekonfronteer. Ons het nie die helfte van die goed gedoen wat ons wou nie en sal beslis weer gaan! "
"Witsand huisves die prag van 'n sensitiewe ekosisteem waar die Breederivier inloop in die see. Aktiewe toeriste kan stap, bergklim, trail running, kayak, bootritte, visvang en vele meer in die mooiste omgewing. Ons sal weer Witsand besoek, net redelike verblyf kry volgende keer!"
"Maak seker dat jy genoeg tyd maak om alles te doen en te sien in en rondom Kaapstad."
"Die dorp is vuil en vol papiere en die hulle kan dit gerus weer skoon en mooi maak."
"We loved the restaurant which was recommended and booked for us, which was in Strandfontein."
"Omdat ons van Malmesbury is en ons ons tydjie in Velddrif geniet het sou ek noem dat Velddrif 'n oulike klein dorpie is."
"Kan die Saterdagmark in Voëlklip aanbeveel, alhoewel nie rolstoel- of stootwaentjievriendelik weens die basbedekte grond. Het heerlik met ander besoekers gesels. Sypaadjies in Hermanus is oor die algemeen rolstoel- en stootwaentjie vriendelik. Dienste by winkels en restaurante is puik."
"Die Moederstad stel nooit teleur nie. Kaapstad bied Suid-Afrikaners 'n oorsese vakansie op hul voorstoep."
"Daar is soveel om te besigtig en aktiwiteite om te doen. Elke keer as ons Kaap toe gaan, is daar iets anders om te doen. Dit is beslis die mooiste stad!"