Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 35325 reviews.
"Draai in by Riversdal vanaf die N2-hoofpad, jy sal verstom staan oor wat jy al die jare gemis het deur verby te ry."
"Besoek aan Seweweekspoort is 'n absolute ervaring wat ek enige een sal aanbeveel om the doen."
"Tygervallei Waterfront (Copper Club), V&A Waterfront (Open top bustoere en Quay Four, Cape Fish Market), Bloubergstrand (Blue Peter) = Wêreldklas-bestemming!"
"If you just want to relax and get away from everything, yes, but not if you have any commitments that require WiFi or fast data transfer."
"Die biodiversiteitsgebied se wandelpaaie is baie mooi en ontspannend. Netjiese dorp, pragtige kunsuitstallings by die modern art museum en langs die promenade."
"Dit is ongelooflike mooi wêreld. Ons is baie lief vir Worcester. Naby aan baie ander plekke en besienswaardighede. Bied groot verskeidenheid verblyf en aktiwiteite."
"Die netheid van die dorp, toestand van die paaie en vriendelikheid van elke plek waar ek gekom het, het my geweldig verras."
"Pragtige dorpie, baie om te doen. Goeie restaurante, ry oor Swartbergpas is baie besonders."
"Lekker plattelanse dorp om rustig te word. Geen gejaagheid, lieflike mense om tyd mee te geniet. Lekker."
"Mosselbaai was en is nog altyd een van die beste vakansiebestemmings. Kom al vir die afgelope 50 jaar gereeld na Mosselbaai."
"Baie dinge om te doen en te sien. Die dorp is ook mooi skoon."
"'n Lieflike kusdorp met die mooiste strand, lekker staproetes en genoeg geriewe vir 'n lekker lang bly."
"Oulik en rustig! Almal is ongelooflik vriendelik! Maak gerus 'n draai by Alle Dingen - puik diens en heerlike kos!"