Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 36701 reviews.
"Buite seisoen is dit fantasties, met lang strande en plaaslike vissers wat die atmosfeer skep. Die hoofstrand is egte vol rommel en selfs verrottende robbe wat nie weggeneem is nie. Die ewigdurende nabyheid en realiteit van diewe is ook steurend."
"Baie lekker. Mense is baie vriendelik en erg behulpsaam. As ek weer gaan, vat ek definitief die kinders saam."
"Die omgewing is pragtig met talle wynplase en goeie restaurante. 'n Baie aangename ondervinding."
"Dis 'n prentjiemooi dorpie - dalk nie vir almal nie. Daar is beperkte besighede, maar as jy na stilte en Karoo-rustigheid soek, is hierdie die plek vir jou. Dit maak mens weer mens!"
"Goeie restaurante en 'n mooi kuslyn maak verblyf 'n aangename ervaring. Winkels is interessant en pryse is min of meer billik. Pragtige omgewing."
"Jare na ons eerste besoek is dit duidelik dat Lambertsbaai soos baie van ons plattelandse dorpe, agteruit gaan en sekere areas verval. Maar Lambertsbaai en die area regverdig steeds 'n besoek van 2 dae. Restaurante is baie goed en die inwoners is vriendelik en behulpsaam."
"Baie mooi dorp. Lyk my restaurante nie in oorvloed in die dorp nie. Sal weer soontoe gaan."
"The people were friendly and helpful to share ideas on what to do and see."
"Piketberg het nog niks verander nie. Ken dit al jare, kort goeie winkels, winkels nie almal geleë bymekaar nie."
"Vir wynproe en rondreis is Calitzdorp 'n uitstekende, sentrale bestemming. Dis veral geskik vir mense wat (soos ons) die omgewing op bergfietse wil verken!"
"A picturesque getaway that refreshes the soul with its quirky and high quality experiences, but not a place to visit on a tight budget!"
"Mooiste, skoonste en vriendelikste dorp. Oorweeg dit om permanent daar te vestig."