Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 36701 reviews.
"A quaint little town. Laid back and relaxing with lots of eateries and splendid wine farms in the vicinity. Enjoyed the market on Saturday."
"Baie lekker vakansie dorp. Baie lekker restaurante en heerlik gekuier in Lambertsbaai self."
"Als loop net reg in Mosselbaai! Die beste munisipaliteit. Dorp van die Jaar, beste weer in die wêreld met lekker warm see. Wat meer wil 'n mens hê? In Mosselbaai waardeer en sien ons net meer God se skeppingswerk raak. Die mooiste sonsopkoms en sonsondergange! Mosselbaai sit jou net in 'n ander klas van lekker wil lewe en die lewe waardeer en geniet. Ons woon in Worcester, maar ek is op die Mosselbaai Facebook Groep 'n lid. So kry ek al die nuusgebeure, mooiste foto's en wat om nog te doen en plekke te sien se inligting. Ons as gesin is verslaaf aan Mosselbaai."
"Beste vakansies omring deur natuurskoon met berge en see."
"Lieflike dorp. Ek sal enigeen aanraai om daar te gaan inloer. In my opinie sal ek sê meer winkels moet beskikbaar wees."
"Net 10 minute se ry na Kleinmond of Pringlebaai, en Bettysbaai het self 'n baie mooi strand. Ons het geniet om die pikkewyne te sien."
"Die gemeenskap van Struisbaai het seker 'n toerisme-webblad, maar hulle kan gerus hul venues op Google Maps nagaan en die plekke wat weens die inperking gesneuwel het, daar afhaal. Dit was omtrent 'n gespook om 'n oop restaurant te vind in die L'Agulhas/Struisbaai gebied."
"Gansbaai het seker hul eie toerismewebblad, maar die gemeenskap kan gerus hul venues of google maps nagaan en die plekke afhaal wat weens die inperking gesneuwel het."
"Sonder twyfel een van die land se beste kusplekke - en jy hoef nie 'n hengelaar te wees nie. Heerlike lang strand vir stap en dankbaar wees vir al die voorregte. Lekker eet- en kuierplekke, wonderlike voëls en natuurskoon en natuurlik, walvisse! Witsand gee mens weer vrede, vreugde en moed vir die stadslewe. "
"Daar is blykbaar heelwat klein/oppertunistiese misdaad gevalle en ons was aanbeveel om die alarm aan te sit as ons uitgaan."
"Daar is nie veel te doen as 'n mens nie visvang of saam met die haaie wil duik nie."