Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 35325 reviews.
"Struisbaai en Agulas sal altyd my sielskos wees met die mooi strande en vriendelike mense, asook natuurlik die bekende pylsterte ook."
"Lieflike klein dorpie, nie baie tyd daar spandeer nie, maar vind dit lekker plattelands."
"Die dorp is bietjie stil, maar Muisbosskerm, Isabellas en Alle Dingen was ’n groot verrassing. Daar is klein juweeltjies en ons het ’n kerkdiens bygewoon. Ons het welkom gevoel. Ons het heerlik gerus na ’n baie stresvolle 2020! Lambertsbaai se mense is ongelooflik vriendelik en behulpsaam!"
"Hoekwil is 'n klein dorpie slegs 6 km van Wildernis op die platorand met die ideale klimaat reg deur die jaar. Die landskap is ongelooflik mooi."
"Pragtigste dorp op die Tuinroete. Kan nie regtig vir dorp sterre gee nie, aangesien ons min rondbeweeg het. Ons het net 2 aande daar geslaap maar sal beslis weer wil gaan."
"Te min restauarante, geen bootvaarte vir die sonsondergang of na Dasseneiland nie . Die eienaar van die Beaches-restaurant mis ‘n gulde geleentheid om die beste restaurant in die dorp te hê! Blakes en Skuim is ‘n welkome toevoeging tot die dorp."
"Paternoster is a great place. Been there many a time with many pleasant memories."
"Struisbaai is fantasties! Die see is lekker warm en kalm genoeg dat ons heeltyd wou swem. Die strand en hawe is baie mooi en skoon. Mense is vriendelik en behulpsaam en ons het baie lekker geëet by die restaurante. 'n Great vakansie of wegbreek-opsie!"
"Small fishing village, could not find a place to buy fresh fish, however, it was on a Saturday afternoon so places may have already been closed."
"Beplan maar roetes vooraf, want die Kaap is mooi en het baie plekke om te sien."
"Hermanus was a pleasant surprise, a nature lover's paradise. Cliff path walks along the coast were amazing and wine farms were great."
"Depending on your preference, I love Struisbaai for its clean beaches, safety and friendly people."
"Daar is absolute potensiaal vir Gansbaai self om ’n meer aantreklike bestemming vir toerisme te word. Op die oomblik is dit ’n toeristebestemming."
"Ons is baie lief daarvoor om Prince Albert te besoek en sal vir seker weer so maak. ’n Pragtige, skoon dorpie met wonderlike uitsigte oor die berge en die Karoo. Ons bid net vir goeie reën saam met al die Prince Albert inwoners."
"Ek dink die wynroete moet miskien net bietjie die inligting opdateer met wat beskikbaar is."