Geverifieerde Resensie
Western Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 35606 resensies.
"As jy wil partytji hou met liters drank en harde musiek is Dwarskersbos die verkeerde plek vir jou. As jou siel rustigheid, skoon lug en kilometer lange strande en asemrowende sons ondergange soek is Dwarskersbos presies waar jy moet wees."
"Daar is nou 'n oulike klein sentrum met al die basiese geriewe soos nodig. Die plaaslike inwoners is baie vriendelik en behulpsaam."
"The town was so friendly and informative they welcomed us with smiles."
"Beeldskone, asemrowende & vriendelike stad, al is daar plekke net soos in ander gedeelte van die land waaraan daar gewerk moet word. Dankie."
"One really does have to travel very far to find nice places in and around. Also, many places close very early."
"Die plaaslike gemeenskap se huis restaurante is 'n wenner. Eerlike, down to earth kos."
"Plett, in the CBD, used to be quite pleasant and safe. We were sad to see quite a few unsavory characters around this time. It’s safe enough to still enjoy with company and with having your own transport. It is a lovely seaside town with both country and sea views."
"Lekker naby aan Oudtshoorn en besienswaardighede, naby genoeg om na Mosselbaai of George te gaan."
"Ek sal enige tyd in die toekoms weer 'n bespreking maak."
"Die dorp en sy mense het my verwagtinge oortref. Covid kon dalk 'n invloed gehad het, maar die eetplekke is nie oop elke dag nie en dit wissels van een eetplek na 'n ander. Miskien moet die eetplekke hul websites net opdateer oor hul ure en dae beskikbaar."
"Ongelooflike dorpie! Ons het orals geëet en koffie gedrink en orals het die eienaars met jou gesels asof jy vriende is. Jy was welkom orals en het die beste diens gekry. Die kos word presies soos jy gevra het aangebied en selfs as jy kreatief raak met 'n drankie maak hulle 'n plan. Die dorpie se sekuritiet is wonderlik - die oomie ry op sy scooter deur al die strate. By die plaaslike markie word jy bederf met 'n verskeindenheid produkte om van te kies en te keur."
"Dis rustig, nie veel in terme van toeriste-attraksies nie, maar die see is mooi!"
"Agulhas is werklik iets om te beleef, van die ligtoring tot die suidelike punt van Afrika en die dorp se atmosfeer."
"Dis 'n lekker bestemming vir families maar jy moet alles wat jy gaan nodig kry saam vat. Geen winkels beskikbaar nie."