Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 35325 reviews.
"Mosselbaai is puik. Hartenbos nie eintlik voldoen aan verwagtinge nie. Sal weer Mosselbaai self gaan besoek."
"Dit het 'n mooi uitsig oor die dam. Dis 'n rustige, stil en veilige omgewing om in te bly."
"Montagu was nog altyd 'n wegbreekbestemming vir ons. R62 is so vol dinge om te doen."
"Dis my grootworddorp en mens kan nie anders as om te rus en rustig te wees wanneer jy die Weskus besoek nie."
"Pragtige natuurskoon. So oulik om patryse en muishonde tussen huise te sien. Pragtige strande."
"Pragtige dorp met baie om te doen vir mense met verskillende belangstellings. Die berge bied uitstekende hiking en mountain bike roetes."
"Die geskiedkundige dorp het my verras en het die ideale ligging om as basis vir 'n Karoovakansie of blommekyk te dien."
"Dit was effe steurend van die hoeveelheid mense wat bedel en goed aan jou wou afsmeer sodra mens uit die kar klim of sit en eet by 'n restaurant. Daar is die oulikste eetplekke met die heerlikste kosse."
"Die hele dorp is effektief op Sondae gesluit en as toeristebestemming sal dit nie goed werk nie."
"Yzerfontein is uitstekende plek, pragtige strandfront. Pragtige en rustige dorpie, vakansieatmosfeer."
"Ons was teleurgesteld in die restaurante se spyskaarte wat nie regtig vars seekos bedien het nie."
"Ons het mooi blomme daar gekry en het die dorp net vlugtig besoek. Het gedink die dorp lyk baie verwaarloos."