Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 36612 reviews.
"Klawer is een van my gunsteling plekke. Ek kuier al die afgelope 11jaar gereeld in Klawer. Ek sal baie beslis weer by Lemoenkloof kuier."
"Die hoofstrand was fantasties, een van min plekke waar 'n mens in n restaurant kan sit terwyl die kinders op die strand speel. Die rotse op laagwater is vol oesters en lekker vet mossels en ons het binne minute 'n smul lekker ete self bymekaar gemaak. Die riviermond en see bied een van die beste hengel bestemmings in Suid Afrika."
"Dis n pragtige dorp, so ryk aan kultuur en geskiedenis. Ons het veral die wandelpaaie geniet"
"Dit was ons eerste keer in die Sederberge aan die Koue Bokkeveld se kant. Die plek is asemrowend mooi. Voel amper of jy deur 'n boek reis. Blomme, berge, water, fynbos, wingerde, vrugteboorde, grondpaaie, bokkies en arende."
"Lekker aandeter geniet by Café Gannet. Puik restaurant, sal weer kom besoek. Mosselbaai Golf baan, fantasties. Definitief weer kom speel. Vriendelik personeel en puik diens."
"I fell in love with this gem of a town. The vibe was so amazing and people so buzzy at the same time a calmness that comes over you that you feel totally relaxed."
"Hermanus is n goeie bestemming vir hardloop/stap en bergfiets met die addisionele bonus van die see ook."
"Kleinmond is skoon en netjies. 'n Mens voel sommer veilig. Openbare geriewe by strandmeer in goeie toestand. Mense is gasvry en jy word orals gegroet. 'n Veertjie in die hoed vir die Overberg Munisipaliteit."
"Wees voorbereid dat winkel/s vroeg toemaak. Naaste dorp 30km. Geen dokter, kliniek of apteek nie. Ideaal as jy van ALLES wil wegkom. Pragtige plek."
"Pragtige rustige dorpie met die beste skoenwinkel - Redemption handgemaakte skoene en handsakke."