Geverifieerde Resensie
Western Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 35606 resensies.
"Lekker plek! Nie te besig nie, nie te stil nie. As jy beplan om te swem, huur 'n huis met 'n swembad of koop 'n wetsuit, die water is koud! "
"Gerieflik en sentraal geleë om al die gewilde toeristebestemmings to besoek."
"Die bes bewaarde geheim van vakansieplekke in SA, sal oor en oor teruggaan hierheen."
"Plek wat ek dink nie mense besef die juweel wat hul het om te ontwikkel nie. Puik, rustige dorp."
"Sal vir seker weer gaan. Vriendelike mense sentraal geleë naby winkelsentrum en strand. Tien dae van pret plesier, son, branderplankry lesse en rustigheid geniet. Presies wat ons verlang en nodig gehad het."
"Eerste keer wat ek Oudtshoorn besoek en was baie lekker. Sal dit beslis aanbeveel."
"A great beach-side town with lots to do and near Boulders Beach (to see the Penguins)."
"Wonderlike plek wat nog 'n klein dorpie gevoel het en genoeg eetplekke en winkels daar rond vir as mens iets moet gaan koop."
"Almal groet en is baie vriendelik. Kinders baljaar al te heerlik in die strate. Ek sal nogal dink dat hulle nader aan die "M, N of O" strate (in Pearly Beach Oord) ook 'n paadjie na die see toe moet maak, want dit is nogal ver vir die ou mensies om see toe te stap."
"Durbanville gee nog die effek van 'n plattelandse dorp met die mense se vriendelikheid en betrokkenheid, maar bied jou al die voordele van 'n stad, relatief naby aan 'n verskeidenheid Malls en het 'n goeie verskeidenheid van besighede. Enige produk waarna jy soek sal jy vind."