Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 36701 reviews.
"Gansbaai sou, wat ons betref, die perfekte plek gewees het om te gaan aftree. As daar 'n hospitaal was. Die res is alles daar. As 'n mens oud word kan jy die tipe dienste nodig kry en ongelukkig is dit al wat daar ontbreek."
"Ek dink dit gaan binnekort dié bestemming in die Weskus wees. Dis nog 'n ongerepte area en hier voel mens jy kan asemhaal. Ek het baie veilig gevoel en alhoewel dit die Sondag 36.5°C was, het dit nie so gevoel nie. "
"A clean safe neighborhood with good medical facilities and convenient shopping centres."
"Hermanus was maar mos nog altyd 'n lekker wegbreekplekkie vir ons Kapenaars al van my jeugdae. Grottostrand is pragtig onderhou. Die volop fynbos was ook so mooi."
"Die plek is net pragtig. Daar is nie woorde nie, mens kan letterlik net daar aankom en afskakel van jou besige alledaagse lewe."
"Dit is 'n plekkie om die siel te rus en mense is vriendelik. Sal niks verander nie."
"Dit is my aftree dorpie. Ek het baie verlief op Gansbaai geraak die eerste keer toe ek daar aangekom het."
"Baie anders as wat ons dit ervaar het 45 jaar gelede. Dorp groter en baie meer ontwikkel as voorheen. Skoon en netjies."