Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 35325 reviews.
"Die dorpie self is klein en gevul met geskiedenis maar is omring deur die mooiste natuur tonele."
"Hartenbos is die beste vakansieplek. Skoon omgewing en vriendelike diens orals."
"Lovely, peaceful and relaxing! Beautiful scenic surroundings with awesome views!"
"Kleinmond is die ideale vakansie bestemming! Dis by die see met alles wat jy nodig het, gemaklik by mekaar in terme van winkels, restaurante, ens.!"
"Ons gaan al vir die afgelope 9 jaar Hartenbos toe in die Junie/Julie skool vakansie. Dis 'n baie lekker vakansie plek. Dis net jammer dat die atmosfeer nou bietjie verander het vandat die mall daar is en die pretpark verander het. Daar is nie nou meer veel vermaak vir die kinders nie."
"Die dorp kan dalk beter bemark word, ook buite die blomseisoen. Daar is heelwat juweeltjies in die dorp en dis jammer dat sommige ou geboutjies en huise nie gerestoureer word nie."
"Rondebosch is 'n netjiese bestemming met oulike kuierplekke en dit is slegs 15 minute se ry van die middestad af. Dit is baie veilig en definitief 'n plek waar ons weer sal bly as ons Kaap toe gaan. "
"Die dorp en die omgewing het baie om te doen en te geniet. Kultuurhistories, natuur, boerderye, ens. Dit is die ideale plek om 'n paar dae oor te bly op pad tussen vele ander bestemmings. Ek dink net die dorp kan meer doen om besoekers met inligting te voorsien terwyl jy as toeris daar is; ons het maar baie opgelees andersins het jy ook nie geweet waar om te gaan nie. Ook nie juis toeristevriendelike winkels met produkte van die omgewing nie. Dit is egter maar dieselfde probleem by meeste bestemmings in ons land."
Mossel Bay Central, Western Cape
Golf Paradys"Mosselbaai is pragtig en mense baie vriendelik, perfekte vakansie bestemming."
"Ons het die mense van Struisbaai baie vriendelik gevind en het die veiligheid geniet."
"A charming little town with awesome places to stop for breakfast and lunch or even for a weekend getaway! I highly recommend stopping at Diesel & Creme for breakfast. The milkshakes I guess are a must-try, although it I'd recommend sharing, even a small. Also, definitely stop and do a quick honey tasting at Bee Things couple metres down the road from Diesel & Creme. "
"Ons ken Gourits baie goed. Het 27 jaar daar gekamp. Dit is 'n pragtige bestemming. Rustig, min besighede, gawe mense, baie mooi lewendige see en pragtige uitsigte oor die mond. 'n Plek vir ver stap, rotse loop en klipvis vang, lees, voëlkyk, visvang, gesels, vleis braai. Gawe inwoners. 'n Plek van vrede. Besoek gerus die kerk op 'n Sondag. Dit is 'n ervaring, veral oor die Kerstyd."