Geverifieerde Resensie
Western Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 35606 resensies.
"Die dorpie self is klein en gevul met geskiedenis maar is omring deur die mooiste natuur tonele."
"Hou van die plek, het 'n massiewe mussel cracker gevang, so is 'n happy chappie."
"Hartenbos is die beste vakansieplek. Skoon omgewing en vriendelike diens orals."
"Lovely, peaceful and relaxing! Beautiful scenic surroundings with awesome views!"
"Kleinmond is die ideale vakansie bestemming! Dis by die see met alles wat jy nodig het, gemaklik by mekaar in terme van winkels, restaurante, ens.!"
"Dit was heerlik om Stilbaai te verken. Dit is regtig 'n baie mooi en rustige dorp en definitief 'n kuier werd. Ons het als gaan voer by die Pallinggat, gaan kyk na die visvywers van die Khoisan, van die staproetes gaan stap en na die walvisse in die baai gekyk. En daar is baie oulike winkeltjies om te besoek."
"Ons gaan al vir die afgelope 9 jaar Hartenbos toe in die Junie/Julie skool vakansie. Dis 'n baie lekker vakansie plek. Dis net jammer dat die atmosfeer nou bietjie verander het vandat die mall daar is en die pretpark verander het. Daar is nie nou meer veel vermaak vir die kinders nie."
"Die dorp kan dalk beter bemark word, ook buite die blomseisoen. Daar is heelwat juweeltjies in die dorp en dis jammer dat sommige ou geboutjies en huise nie gerestoureer word nie."