Geverifieerde Resensie
Western Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 35325 resensies.
"Pragtige dorp met goeie akkommodasie, goeie winkels, beste restaurante."
"Daar is baie lekker eetplekke vir redelike pryse, maar ek het net gedink die ander winkels was verskriklik duur, soos klerasie en ook die geskenk winkels. Dis dalk nie duur vir buitelandse toeriste nie, maar vir plaaslike kuiergaste wel."
"Dis 'n stukkie paradys, maar die bedelaars en kreefverkopers ontneem dit van 'n potensiële 5 ster-bestemming."
"Baie om te sien en te doen. Pragtige natuurskoon. Buurdorpies naby om te verken."
"Een van my gunsteling bestemmings in Suid Afrika. Heeltemal gek oor die plekkie en sy mense."
"Dit is 'n mooi dorpie, net ver van Vredenhof af. Daar is nie 'n kortpaadjie soontoe nie. "
"Dis altyd 'n plesier om Robertson en die omliggende wynplase te besoek. Mens word orals hartlik ontvang en personeel is almal goed opgelei, vriendelik, professioneel en behulpsaam. Toeriste behoort gerus 'n plan te maak om die omgewing te besoek."
"Die dorp is baie skoon en die inwoners doen moeite om dit vir toeriste aantreklik te maak."
"Die verkeer was baie. Miskien mense sê om nie in spitstyd daar aan te kom nie."