Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 35606 reviews.
"Te min tyd gehad om bietjie rond te beweeg. Dit lyk egter na 'n lekker plekkie om vir 'n paar dae oor te bly. Sal oorweeg om langer te bly volgende keer."
"Very convenient for sightseeing in lovely Cape Town with lots of neat restaurants and cafes."
"Hulpvaardig, maar anders as die stad moet alles bestel word. Dit kan soms langer as verwag duur."
"Dis 'n baie veilig plek en die mense is vriendelik. Dis divers en ek beveel elkeen wat 'n reis Kaap toe neem vanaf die platteland om Durbanville hul bestemming te maak. Dis ook net 'n halfuur se ry Kaap toe."
"Pragtige dorp met goeie akkommodasie, goeie winkels, beste restaurante."
"Daar is baie lekker eetplekke vir redelike pryse, maar ek het net gedink die ander winkels was verskriklik duur, soos klerasie en ook die geskenk winkels. Dis dalk nie duur vir buitelandse toeriste nie, maar vir plaaslike kuiergaste wel."
"Dis 'n stukkie paradys, maar die bedelaars en kreefverkopers ontneem dit van 'n potensiële 5 ster-bestemming."
"Baie om te sien en te doen. Pragtige natuurskoon. Buurdorpies naby om te verken."
Prince Albert Road, Western Cape
Wolvekraal Guest Farm"'n Lekker ervaring van die Karoo en sy uitgestrektheid."
"Een van my gunsteling bestemmings in Suid Afrika. Heeltemal gek oor die plekkie en sy mense."
"Dit is 'n mooi dorpie, net ver van Vredenhof af. Daar is nie 'n kortpaadjie soontoe nie. "
"Dis altyd 'n plesier om Robertson en die omliggende wynplase te besoek. Mens word orals hartlik ontvang en personeel is almal goed opgelei, vriendelik, professioneel en behulpsaam. Toeriste behoort gerus 'n plan te maak om die omgewing te besoek."
"Die dorp is baie skoon en die inwoners doen moeite om dit vir toeriste aantreklik te maak."