Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 36701 reviews.
"Dit was heerlik om Stilbaai te verken. Dit is regtig 'n baie mooi en rustige dorp en definitief 'n kuier werd. Ons het als gaan voer by die Pallinggat, gaan kyk na die visvywers van die Khoisan, van die staproetes gaan stap en na die walvisse in die baai gekyk. En daar is baie oulike winkeltjies om te besoek."
"Ons gaan al vir die afgelope 9 jaar Hartenbos toe in die Junie/Julie skool vakansie. Dis 'n baie lekker vakansie plek. Dis net jammer dat die atmosfeer nou bietjie verander het vandat die mall daar is en die pretpark verander het. Daar is nie nou meer veel vermaak vir die kinders nie."
"Die dorp kan dalk beter bemark word, ook buite die blomseisoen. Daar is heelwat juweeltjies in die dorp en dis jammer dat sommige ou geboutjies en huise nie gerestoureer word nie."
"Rondebosch is 'n netjiese bestemming met oulike kuierplekke en dit is slegs 15 minute se ry van die middestad af. Dit is baie veilig en definitief 'n plek waar ons weer sal bly as ons Kaap toe gaan. "
"Die dorp en die omgewing het baie om te doen en te geniet. Kultuurhistories, natuur, boerderye, ens. Dit is die ideale plek om 'n paar dae oor te bly op pad tussen vele ander bestemmings. Ek dink net die dorp kan meer doen om besoekers met inligting te voorsien terwyl jy as toeris daar is; ons het maar baie opgelees andersins het jy ook nie geweet waar om te gaan nie. Ook nie juis toeristevriendelike winkels met produkte van die omgewing nie. Dit is egter maar dieselfde probleem by meeste bestemmings in ons land."
Mossel Bay Central, Western Cape
Golf Paradys"Mosselbaai is pragtig en mense baie vriendelik, perfekte vakansie bestemming."
"Ons het die mense van Struisbaai baie vriendelik gevind en het die veiligheid geniet."
"A charming little town with awesome places to stop for breakfast and lunch or even for a weekend getaway! I highly recommend stopping at Diesel & Creme for breakfast. The milkshakes I guess are a must-try, although it I'd recommend sharing, even a small. Also, definitely stop and do a quick honey tasting at Bee Things couple metres down the road from Diesel & Creme. "
"Ons ken Gourits baie goed. Het 27 jaar daar gekamp. Dit is 'n pragtige bestemming. Rustig, min besighede, gawe mense, baie mooi lewendige see en pragtige uitsigte oor die mond. 'n Plek vir ver stap, rotse loop en klipvis vang, lees, voëlkyk, visvang, gesels, vleis braai. Gawe inwoners. 'n Plek van vrede. Besoek gerus die kerk op 'n Sondag. Dit is 'n ervaring, veral oor die Kerstyd."
"Ek hou nie van die weer nie. Die dorp lyk mooi skoon en goed uitgelê. Daar is mooi sigte in die omgewing, maar ek was daar vir werk. Die Barrel en beef restaurant was great. Spur was bietjie af. Miskien is die weer in die somer beter, maar ek sal nie winter daar wil vakansie hou nie. "
"Moet nie ander mense verwag nie. Verwag wel 'n grondpad. Perfek as jy wil gaan jag."
"Sentraal geleë om die minder bekende wynlande te verken. Dagritte oor Bainskloof na Tulbagh en Ceres of na Riebeeck-Kasteel of Paarl is aanbeveel. Bovlei is 'n rustige en stil omgewing waar mens kan wegkom van die stadsgewoel. "
"If you're looking for a place to eat, with food to die for do try the Damhuis Restaurant. Superb food and service."
"Die strandpaadjie met bordjies van vorige besoekers is baie interessant. Skulpe so groot soos my hand op die strand. Dit was die beste gesellige kuier ooit."
"Clanwilliam is nie 'n plek waar jy tonne kruideniersware sal kan gaan koop nie, maar jy sal wel dit daar kry as jy iets vergeet het. Die dorp is super besig en mens kry nie regtig parkeerplek oor die naweek nie. "