Geverifieerde Resensie
Western Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 34945 resensies.
"Werklik 'n Karoodorp met baie karakter en baie om te sien en te doen. Hulle sien ons beslis weer."
"Bredasdorp het ons verras. Dit is baie groter as wat ons verwag het. 'n Stop by die John Deere handelaar was 'n hoogtepunt vir my kinders. Ons het na al die nuutste trekkers gaan kyk en hulle monde het oopgehang! Die dorp is baie netjies en die mense baie vriendelik."
"Hierdie Karoodorpie het jare gelede reeds ons harte gesteel. Sal altyd terugkom hierheen."
"Verstaan nou waarom dit Kwêla se dorp van die jaar is! Heerlike weer, lang kuslyn en genoeg besienswaardighede."
"Onrus het alle produkte - vars of wat ook al nodig is. Die plaaslike apteek langs OK was besonder vriendelik en behulpsaam en is uitstekend toegerus."
"Prince Albert was 'n verrassing. 'n Pragtige dorpie wat weggesteek is tussen die berge."
"Net bedoel vir oornag, maar probeer gerus die 4 Sheep Restaurant, dis die moeite werd!"
"Ek is mal oor Kleinbaai en sy mense, en het die walviskyk-trippie verskriklik geniet!"
"Hermanus is 'n skoon en rustige sielsplek - 'n stukkie hemel op aarde. Ons gaan weer kom besoek aflê in Hermanus."
"Die strand is te rotsagtig. Die munisipaliteit kan bamboes verwyder om die strand meer aantreklik te maak."
"In swellendam zelf niet zo heel veel te beleven. Wel hele goede restaurants, wij hebben gegeten bij field en vork, heerlijk!"
"Daar is baie te sien en doen, maar die hitte is net te erg. Sal eerder in die herfs of lente daarheen gaan."
"Dis gemaklik geleë vir iemand wat die omgewing wil besoek. Toegang tot die snelweg is maklik. "