Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 36701 reviews.
"Dit is een baie lekker plekkie. Lekker restaurante en jy is reg by die see. Dis lekker stil so dit maak jou wegbreek kansie baie lekker rustig. Dit is net wat ons nodig gehad het."
"Our 5 star rating is, unfortunately, qualified. To us the main reason for the visit was to see the Cape Gannets on Bird Island. We have been there many times before and never seen so few. You win some and lose some. To try and make up for this, the Nature Conservation guide did an excellent job in explaining things and answering questions. He was most knowledgeable and helpful. Hopefully we will be back sometime and there will be thousands of birds."
"Sentraal t.o.v. die wynplase. Bietjie ver vanaf die middestad."
"Newlands is a beautiful place, it is peaceful, close to Kenilworth, Claremont and Rondebosch. "
"'n Oulike dorpie met pragtige mark, vriendelike mense en 'n lekker atmosfeer."
"Wildernis is pragtig en 'n absolute belewenis! Ons is al om die paar maande daar. Kies warm weer vir aktiwiteit belaaide area."
"Heatherlands self is meer `n woonbuurt, maar jy kan maklik van daar af na enige plek in George gaan."
"Swellendam is 'n tipiese plattelandse dorpie met baie eetplekke nie te ver van twee natuurreservate en die see. "
"Naby aan die minder bekende indrukwekkende fossiel park ('n moet besoek) naby Saldhana. Gerieflike winkels en koffie shops naby die huis. 'n Klipgooi van Paternoster (duur) en heelwat snuistery en ander winkeltjies."
"Wonderlike eetplekke, pragtige, skoon dorp met vriendelike mense, hoop ons het volgende keer meer tyd om die plek te verken."
"It is a very beautiful area. It is close to the beach and shopping centres. It is very clean and the view of the mountain is stunning."
"Ontwikkeling is groot, daar is baie potensiaal vir nuwe vakansiehuise en oorde."
"Pragtige plek. Lyk soos 'n Griekse eiland met die wit huise. Baie netjiese, goed versorgde tuine."
"Restaurante moet asseblief op hulle webwerwe aandui indien hulle tydelik weens verbouings gesluit is. Ons wou eers gaan kyk het hoe Bien Tang's Cave lyk voordat ons daar vir ete bespreek. Aangesien parkering op 'n Saterdag langs die seefront skaars is, moes ons ver loop, net om agter te kom dat die hele area waar die restaurant veronderstel was om te wees, omgedolwe was en die restaurant uiteraard gesluit."
"Ons het die naweek van die Meiringspoort Fiets wedren gekies, wat toevallig ook die naweek van die Kerk basaar was. Het dit vreeslik geniet, maar ek dink oor die algemeen is De Rust stil, en daar is nie veel vermaak nie. Mens moet verstaan dat dit 'n "wegkomkans" is wanneer jy De Rust kies as bestemming! "