Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 36701 reviews.
"Akkommodasie tariewe vir plaaslike toerisme is billik, maar memorabilia is buitesporig duur vir plaaslike toerisme."
"Oudtshoorn is een van ons gunstelling vakansiebestemmings in SA. Ons kan aan enigeiemand aanbeveel om die volgende plekke te besoek: Mount Noah Lodge, The Black Swan Restaurant & Wine Bar, Nostalgie (beste Volstruis Burgers in die dorp) asook Safari Ostrich Farm. "
"Nie veel om te doen nie, behalwe as jy 'n hengelaar is. Ver van naaste dorp. Pragtige natuurskoon en veilig plek vir wandelings."
"Hartenbos is 'n wonderlike plek met ongelooflik baie dinge om te doen en te sien en baie gerieflik met al die nodige plekke en fasiliteite beskikbaar en dit dan ook loopafstand. Ek sal vir seker weer en weer teruggaan soontoe."
"Ons het aandete gehad by harbourhouse in Kalkbaai en gaan inloer by seavor. Beide is aan te beveel. "
"Die omgewing is baie rustig. Ek dink beslis daaraan om 'n belegging te maak en eiendom in die area te koop."
"Jongensfontein is 'n ongelooflike plek. Komplimente vir die bestuur van Jongensfontein wat dit in so 'n netjiese en skoon plek hou."
"Goeie ligging om vandaar Kaapstad en ander besienswaardighede te besoek. "
"Alles is maklik bykombaar. Gaan maak 'n draai by R62 diner en Eseltjiesrus Donkey Sanctuary by McGregor."
"Good location, close to shopping malls, highway and most importantly, the wine farms."
"Die mense hier is plat op die aarde, goeie, vriendelike, meestal Afrikaanse mense. Jy gaan Pick 'n Pay toe en daar kry jy 'n vreemdeling in die ry en julle begin gesels soos ou vriende. "
"Museum is die moeite werd. Bontbokpark het effens teleurgestel. Klim na Twaalfuurkop wonderlik."