Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 36701 reviews.
"'n Wonderlike plek en area met baie besienswaardighede. Baie eetplekke en mooi natuurskoon. Vriendelike mense."
"Ladismith is 'n klein dorpie, was nogal teleurgesteld dat mens nie Ladismith Kaas mag besoek of daar koop nie. Maar daar is 'n Parmalat Factory Shop in Ladismith - dis beslis die moeite werd om daar te stop. "
"Enigste negatief is die elemente wat na donker in die area rondhang. Minder patrolering van Metro Police as in Bloubergstrand."
"Ons het Chris Barnard meuseum besoek. Baie interessant oor sy lewensgeskiedenis."
"Seker die mooiste strande, omgewing en natuur in Suid-Afrika met baie plekke wat toeganklik is vir ouer persone en persone wat met 'n rolstoel moet oor die weg kom"
Great Brak River, Western Cape
Four Seasons Guest House"Een woord: vakansie! Baie rustige omgewing met 'n pragtige uitsig van amper oral in die dorpie. "
"My tyd in Die Boord was net te kort om alles te kon sien, maar ek sal dit aanbeveel aan ander."
"'n Mens dwaal vinnig deur die paar besienswaardighede van die sentrale deel van die dorp. 'n Mens moet dan uitwyk na die wynplase en 'n keuse maak waar om oor 'n middagete te kuier. Ons verkies 'n rustige atmosfeer, dus sal ons altyd lekker in Riebeek Kasteel kuier. Die rustigheid en vriendelike inwoners is 'n trekpleister. Ons gastehuis, Anna Katarina, was 'n uitstekende keuse. Daar is genoeg verblyf om van te kies asook baie restaurante. Die vallei is asemrowend mooi. Waar word 'n mens nog wakker gemaak deur die gekraai van 'n haan? Ons het dit baie geniet. Ek sal dit aanbeveel."