Geverifieerde Resensie
Wild Frontier
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Wild Frontier bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 1930 resensies.
"Was teleurgesteld by die hoofhekke. Jy kan sommer net inry en dit beteken enigeen kan sommer net ingaan. Vorige kere kon jy net ingaan as jy 'n permit het. Olifantstraat sal ek ook nie in bly nie. Te veel voete en mense wat langs die pad sit en selfs alkohol drink. Hoop as ons in die winter gaan dat die park strenger reëls sal hê wat dit aanbetref. Verder is die park pragtig!"
"Lekker restaurante en winkel as mens iets benodig. Veiligheid is tops. Baie wild om te sien. Rustigheid. "
"Marloth is baie lekker vir 'n wegbreek en ook naby die Wildtuin - baie rondom om te gaan doen."
"Gaan en geniet die rus, dis 'n vakansie wat jy nooit sal vergeet nie. Baie diere, en ook baie mooi en veilige perseel."
"Heerlike vakansiebestemming. Naby aan die Krugerwildtuin. Baie om te doen."
"Die gate in die grondpaaie kan so bietjie opgevul word, maar verder is die bos gevoel heerlik!"
"Our first visit ever to Marloth Park, and we were very impressed, home from home, we are members of the Marloth Sighting group, it was so great to keep in touch while we were there."
"Die park is ook netjies en skoon en die mense by winkelsentrum is oorvriendelik en is baie behulpsaam. Die personeel by die hekke is ook vriendelik en baie professioneel. Dit was uit en uit die moeite werd."
"Daar was vreeslik baie voetgangers, selfs 'n onverwagte/onvanpaste inloer by die kamer ruit deur 'n vroulike voetganger."