Verified Reviews
Wild Frontier
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Wild Frontier
Rated 4.6 out of 5 based on 1923 reviews.
"Die park is pragtig opgegradeer om kindervriendelik te maak. Dit voel asof jy in 'n klein dorpie woon met wilde diere as jou buurmense."
"Ons is net werklik bekommerd oor die onbelemmerde deurloop van mense wat nie inwoners is nie! "
"Marloth Park is die beste vakansiebestemming as jy graag in die bos wil wees met wild om jou. "
"Ons as familie gaan ten minste een maal per maand Marloth toe. Ongelooflike ervarings."
"Ons geniet die park vreeslik en gaan gereeld. Ons het hierdie naweek Saterdag en Sondag 4 van die Groot 5 net langs die draad van die wildtuin gesien. Ons geniet die park vreeslik."
"Marloth Park is bos op sy beste en het die perfekte ligging vir wildtuinbesoeke. Marloth gaan ons beslis nog baie sien."
"Klaarblyklike werkers wat langs die pad oorkant die winkels rondlê en die plek bemors is 'n seer vir die oog en skep ook geleentheid vir ongewensde elemente om rond te hang. "
"Sekere van die paaie baie moeilik om op te ry. Rustige omgewing. Lekker plek om te ontspan, goeie ontvlugting van stad se gejaag. "
"Baie dankie. Sal beslis weer gebruik maak. Dankie vir vriendelike eienaars."
"My eerlikke mening is dat Marloth nie oopgestel moet word vir groot toeristegroepe nie. Dit is 'n heerlike wegkomplek vir Suid-Afrikaners vir 'n naweek of selfs 'n paar dae. Word hy te veel oopgestel, gaan daar definitief oorvloed van mense by die sentrums wees, veral by die nuwe waterpark. "
"Die park lyk verwaarloos met baie bourommel en sommige huise wat erg verwaarloos is. Vriende het genoem dat Marloth Park agteruitgegaan het, en ongelukkig moet ek (na ons verblyf) daarmee saamstem. "
"Die restaurante in Marloth Park is sub-standaard en die keuse van kos is baie beperk. Die diens laat veel te wense oor. "
"Kan nie wag om weer Marloth Park te besoek nie. Moontlik kan aandag gegee word aan 'n chemiese toilet of 2 by die hoofuitkykpunt."
"Grondpaaie binne die park kort bietjie opgradering vir klein voertuie."
"Dit hang baie af van waar jy bespreek. Hoe nader aan die rivier, hoe beter. Pryse wissel van baie bekostigbaar tot duur. "
"Make sure you pack your food. We forgot our tinned goods and had to pay almost double at the little shop, although they do have all the basics. This was our first time there, and Marloth Park is definitely worth returning to. As long-time Kruger visitors, and lovers of solitude, we enjoyed it thoroughly. It is worth mentioning that we went in during the week not over the weekend, and it may not be as peaceful if very busy. "
"Marloth Park is die ideale bestemming as jy as dagbesoeker die Kruger wil besoek. Net jammer die toeriste is sulke morsjorse en besoedel die veld met hulle papiere en bottels."
"Uitstekende uitsig oor rivier. Stappaadjie langs draad, asook roete om te ry. Gedeeltes daarvan is wel nie geskik vir sedan motors nie en aangesien dit 'n eenrigtingpad is kan jy jou vasry. Jy het ‘n voertuig met 'n hoë grondvryhoogte nodig. Baie voëls. Kilometers van grondpaaie om fiets te ry, draf of stap."
"Marloth Park is for specific individuals that prefer the bush and the quietness of nature. "