Geverifieerde Resensie

Wild Frontier

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Wild Frontier bespreek het

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 1870 resensies.

Marlothpark, Wild Frontier

South Post at Kruger

"Dis baie beter om in Marloth Park by die Krokodilrivier teen die rivier te sit as om in die wildtuin rond te ry.... Mens sien veel meer diere... Ons het elke dag leeus gesien. "

Marlothpark, Wild Frontier

Majuli River House

"Die grondpaaie kort aandag!"

Marlothpark, Wild Frontier

Die Hartbeeshuisie

"Hierdie is 'n eiesoortige gemeenskap. Die mense is baie vriendelik en doen regtig moeite om die noodsaaklikste items beskikbaar te he vir die besoekers. Ek het die klein tuisnywerhede geniet en die mense doen moeite met die produkte wat voorsien word en dit is vars. Oor die algemeen moet mens besef Marloth Park se hoofdoel is bewaring en rustigheid."

Marlothpark, Wild Frontier

Live-A-Little

"Baie rustig tussen al die wild. Langs die wildtuin draad was baie te sien. Dankie."

Marlothpark, Wild Frontier

Die Hartbeeshuisie

"Die hek beheer moet aandag geniet deur besoekende inwoners met verblyfdatums en woning nr op 'n windskerm plakker te verskaf. Die hek sekuriteit weet nie wie is wie nie. Een sekuriteitwag het ons gevra of ons al hier was toe ons van ons dag se uitstappie af terugkom. Tydens ons rit teen die grensdraad aan die Kruger se kant het ek opgemerk dat die draad redelik hoog van die grond is. Ja die onderste draad is elektries maar werk hy? As een van die katte daar moet deurkruip het Marloth Park moeilikheid. "

Marlothpark, Wild Frontier

Doringpoort: Lemoentjiedoring 1621 Self-catering Accommodation

"Baie stil en rustig, heelwat wild te sien en by winkels alle noodsaaklikhede verkrygbaar. "

Marlothpark, Wild Frontier

Wildsbokkie Holiday Home

"Goeie waarde vir geld as jy die Krugerwildtuin wil verken, sonder om die absurde tariewe binne die park te betaal."

Marlothpark, Wild Frontier

Doringpoort: Apiesdoring 1622-A Self-catering Moddervis

"Ek dink Marloth Park is 'n uitstekende bestemming vir toeriste wat graag rustig wil wees en ontspan, en terselfde tyd ons wonderlike diere beleef. Ek en my man was vir die eerste keer by Marloth en sal definitief weer gaan."

Marlothpark, Wild Frontier

My Bushhouse

"Maroth park is 'n fantastiese toeristebestemming. Die winkeltjies daar binne is net baie duur. "

Marlothpark, Wild Frontier

Serenity Du Bois Lodge

"Marloth Park is heerlik om in te bly, want jy voel jy is reeds in die wildtuin met al die bokkies, kameelperde en ander diere daar en die Krokodilbrughek is maar net 15 minute se ry weg."

Marlothpark, Wild Frontier

Serenity Du Bois Lodge

"Ai as ek darem maar 'n ou stukkie grond daar gehad het, sou ek darem maar lekker daar kon bly!"

Marlothpark, Wild Frontier

Doringpoort: Lemoentjiedoring 1621 Self-catering Accommodation

"Baie lekker bosveld atmosfeer. Huise so geplaas dat jy nie bure maklik kan sien of hoor nie. Naby Krugerwildtuin. Uitstekend."

Marlothpark, Wild Frontier

Die Hartbeeshuisie

"Baie lekker gebly, dankie Marloth Park vir 'n bekostigbare Groot 5 ervaring!"

Marlothpark, Wild Frontier

Doringpoort: Lemoentjiedoring 1621 Self-catering Accommodation

"You can take walks around the area and view the non Big 5 wildlife that reside in this area."

Marlothpark, Wild Frontier

Hornbill's Nest Tree Top chalets

"Dit was ons eerste besoek en ons gaan verseker weer soontoe! "

Marlothpark, Wild Frontier

3875 Eagle

"All the people we had dealings with were most pleasant and helpful."

Marlothpark, Wild Frontier

Serenity Du Bois Lodge

"It seems to be much safer now than a few years back."

Marlothpark, Wild Frontier

La Kruger Lifestyle Lodge

"Baie lekker plek om tyd te spandeer."

Marlothpark, Wild Frontier

Zulwini Tree House

"Marloth Park voel vir my soos hemel op aarde. Ek is 'n buitelug mens en die omgewing in Marloth is absoluut fantasies! "

Marlothpark, Wild Frontier

Doringpoort: Apiesdoring 1622-A Self-catering Moddervis

"Jammer oor die Rooibokkies wat uitgeskiet word. Ek hou glad nie daarvan dat dit tussen die vakansiegangers gedoen word nie. My familie het nie baie veilig daarmee gevoel nie. Dink dis onvanpas om te skiet waar kinders in die omtrek is. Stem glad nie saam nie."

Marlothpark, Wild Frontier

Grand Kruger Lodge and Spa

"Ons het 300 buffels gesien vanaf Marloth Park."

Marlothpark, Wild Frontier

Hornbill's Nest Tree Top chalets

"Sou daarvan hou om as pensioenaris daar te woon."

Blad
Blad 61 - Wys 1801 tot 1830
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Gasteprofiel bestaan ​​reeds

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Dit lyk asof jy reeds 'n profiel as ’n gas het. Teken asseblief in om jou identiteit te verifieer voordat ons jou gasheerprofiel opstel.

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang