+19

6 gaste

3 slaapkamers

5 beds

3 badkamers

  • 6 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • 20 Merrie Place, Paradise Beach, Jeffreys Bay, 6332, Oos-Kaap Sien kaart

Beskrywing

20 Merrieplace is 'n pragtige selfsorghuis in 'n rustige area in Paradise Beach, Jeffreysbaai. Dit is naby 'n strand, en is ideaal vir 'n gesin of groep vriende wat op soek is na 'n kustoevlugsoord.

Dié drieslaapkamerhuis bied slaapplek aan 6 gaste en word met 'n trap bereik. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en gaste gebruik 'n aangrensende badkamer met 'n bad. Die tweede en derde slaapkamer het 2 enkelbeddens en gaste deel 'n gastetoilet en 'n badkamer met 'n stort. Linne, strand- en badhanddoeke word voorsien.

Die oopplan-kombuis is met 'n yskas-vrieskas, gasstoof, oond, mikrogolf, skottelgoedwasser, wasmasjien en tuimeldroër toegerus. Daar is ook 'n toonbank met stoeltjies. Die leefarea spog met 'n etenstafel, ingeboude braai-area, gemaklike sitkamerstel en 'n TV. Die sitarea lei na 'n stoep met sitplek.

Op die grondverdieping is daar 'n groot kuierarea met 'n boma, asook 'n buitestort wat ideaal is vir gaste wat terugkeer van 'n dag op die strand. Gratis WiFi en veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar.

Die huis het 'n sonkragstelsel wat elektrisiteit in die geval van kragonderbrekings aan die ligte, WiFi, TV, en yskas voorsien. Daar is ook ’n gasgeiser vir warm water en watertenks vir watertoevoer.


Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
TV
Lugversorging
Volledige kombuis
Wasmasjien
Braai
Voorsiening vir beurtkrag

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 1 resensie

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.0
Waarde vir geld
5.0
Diens
5.0
Veiligheid
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Sanet Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 1

Op LekkeSlaap 1 jaar

Ligging

  • 20 Merrie Place, Paradise Beach, Jeffreys Bay, 6332, Oos-Kaap
  • Gaste dink 20 Merrieplace het ’n goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 2 000
per nag (plek vir 6)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 2 000
per nag (plek vir 6)
Bespreek

Jy sal nog nie hoef te betaal nie.

Vanaf
R 2 000
per nag (plek vir 6)
Bespreek

20 Merrie Place, Paradise Beach, Jeffreys Bay, 6332, Oos-Kaap

Sien kaart
  • 6 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Soos Gesien op Facebook
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA0c86c710ed6fed93468d068854b2e1f15ba7fec6a2d68ed661de1604be10c500ac8b289e35de58bb2beeccbd47d46af3286e?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 000 per nag (plek vir 6) 1 5 1 5 20 Merrie Place Paradise Beach 6332 Oos-Kaap 021 201 8901 14:00-18:00 10:00 -34.11034097368 24.882706626984

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang