200 on 5th Street - V7
8 gaste
4 slaapkamers
4 beddens
3 badkamers
- Slaapplek vir 8 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - 200 5th Street, Hermanus, 7200, Wes-Kaap Sien kaart
Beskrywing
200 on 5th Street is in Hermanus op Voëlklipstrand geleë en bied gehalte-verblyf vir 'n gesin of groep vriende. Dit is naby gewilde strande, winkels en restaurante, sowel as verskeie doendinge en besienswaardighede.
Dié dubbelverdiepinghuis het slaapplek vir 8 gaste en beskik oor 4 slaapkamers, 3 badkamers en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort en 'n bad. Die ander 3 slaapkamers het elkeen 'n dubbelbed. Die ander 2 badkamers het storte.
Die kombuis is ten volle toegerus vir selfsorg en sluit 'n gasstoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, eetgerei en breekware in, sowel as 'n opwaskamer met 'n wasmasjien, tuimeldroër en 'n skottelgoedwasser. Die eetarea het sitplek vir 12 gaste en die binnebraai-area het 'n gemaklike sitkamerstel, 'n ingeboude braai en 'n platskerm-TV. Die aparte sitarea het 'n gemaklike sitkamerstel en 'n TV met sekere DStv-kanale. Daar is ook 'n tweede kombuisie met 'n yskas-vrieskas, mikrogolfoond, eetgerei, breekware en koffie- en teemaakgeriewe.
'n Enkelmotorhuis en oorgenoeg parkeerplek is agter 'n sekuriteitshek beskikbaar.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Bad, Stort, Toilet
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Badkamer
Stort, Toilet
Badkamer
Stort, Toilet
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.7/5
Ilanda Geverifieer
Eiendomme 19
Resensies 30
Op LekkeSlaap 8 jaar
Ligging
- 200 5th Street, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
Jy sal nog nie hoef te betaal nie.
200 5th Street, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
Sien kaart- Slaapplek vir 8 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Gasteprofiel bestaan reeds
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Dit lyk asof jy reeds 'n profiel as ’n gas het. Teken asseblief in om jou identiteit te verifieer voordat ons jou gasheerprofiel opstel.
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang