+45
Selfsorg in Faerie Glen

458 op Manitoba

Resensies

5/ 5

Gebaseer op 2 resensies

Ongelooflik

Netheid
5.0
Ligging
5.0
Waarde vir geld
5.0
Diens
5.0
Veiligheid
5.0
Nerine P
1 nag Saam met vriende
5.0
Feb 2026

Perfekte stadsverblyf met pragtige uitsig en uitstekende ligging. Ons het hier oornag vir ’n afspraak by die Wilgers Hospitaal, en dit was regtig ’n juweel in die stad. Die ligging is uitstekend. Reg langsaan is ’n fantastiese Woolworths Food, met Pick 'n Pay Hyper en Atterbury Value Mart net ’n kort entjie se ry daarvandaan - ongelooflik gerieflik vir enigiets wat jy mag nodig hê. Ons was op die sesde vloer en het ’n pragtige uitsig oor die nabye natuurreservaat gehad, met wye oop grasvlaktes waar my dogtertjie kon rondhardloop en speel. Dit was so ’n rustige omgewing, veral vir ons wat van die plaas af kom - werklik ’n seën. Die woonstel het alles gehad wat ons vir selfsorg nodig gehad het, en ons het die lugversorging in beide die sitkamer en die slaapkamer baie waardeer. Nog ’n groot pluspunt was die hysbak in die gebou. Geen gesukkel met trappe met tasse op en af nie. Ons gasvrou was baie vriendelik en gasvry, wat die verblyf nog aangenamer gemaak het. Ons sal beslis weer daar bly.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Amanda J
1 nag Saam met lewensmaat
5.0
Feb 2026

Sal weer daar gaan bly. Ons het heerlik gebly en geslaap. Eenheid is nuut oorgedoen: wasmasjien, broodrooster, air fryer, goeie koffie en vars melk in die yskas. Loop-in stort het goed gewerk. Waterdruk was laag, kon nie bad gebruik nie. Beddegoed was kraakvars en silwerskoon, goeie kussings. Voordele: eenheid nuut oorgedoen, in veiligheidskompleks geleë en baie naby aan Life Faerie Glen Hospitaal.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Madelein
458 op Manitoba
Baie dankie vir die gawe boodskap en terugvoer, Amanda Dit was vir my ’n groot plesier om jou en jou man te kon verwelkom. Ek is so bly om te hoor dat julle heerlik gebly en goed geslaap het, en dat julle die eenheid en geriewe geniet het. Dankie ook vir die eerlike terugvoer oor die waterdruk — dit word waardeer en sal beslis aandag kry. Julle is enige tyd weer baie welkom, en ek hoop om julle in die toekoms weer te mag ontvang. Alles van die beste en mooi wense, Madelein & Pieter

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

5/5

Madelein Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 7

Op LekkeSlaap 2 jaar

Vanaf R1 000
15 % AF
R 1 000 R 850
per nag (plek vir 2)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie.

Bespreek
Vanaf R1 000
15 % AF
R 1 000 R 850
per nag (plek vir 2)
Bespreek

Jy sal nog nie hoef te betaal nie.

Vanaf R1 000
15 % AF
R 1 000 R 850
per nag (plek vir 2)
Bespreek

458 Manitoba Rylaan, Feeëgle, Pretoria, 0081, Gauteng

Sien kaart
  • Slaapplek vir 4 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA25065c1ebbe5b33a13f254b54fe2133c2ed8ff115650d650207036bfa05c702adc2ff5f7f7d3a016e449caefb0bffca3c0c9?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R1 000 nouVanaf R850 per nag (plek vir 2) 2 5 1 5 458 Manitoba Rylaan Feeëgle 0081 Gauteng 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -25.782939970907 28.301074550926

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang