705 Portico
- Kapasiteit: 2 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 3 Athens Road, Bloubergstrand, 7441, Wes-Kaap
- Vanaf R1 580 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
705 Portico is 'n pragtige selfsorg-vakansiewoonstel in 'n veilige woonstelgebou met 'n pragtige see-uitsig in die hartjie van Bloubergstrand. Die woonstel het lieflike, moderne afwerkings en is ideaal vir 'n kuswegbreek in die Moederstad.
Die woonstel bied slaapplek aan 2 gaste en beskik oor 1 slaapkamer met 'n en suite-badkamer. Die slaapkamer het 'n dubbelbed en die en suite-badkamer het 'n bad, stort, wasbak en 'n toilet. Gehaltelinne word voorsien, maar gaste moet hul eie handdoeke saambring.
Die helder en lugtige oopplan-leefarea beskik oor 'n stylvolle kombuis wat met 'n gasstoof, elektriese stoof, oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware toegerus is. Daar is ook 'n toonbank met stoeltjies. Die kombuis lei na 'n sitarea met gemaklike sitplek en 'n platskerm-TV. Gratis WiFi is beskikbaar.
Skuifdeure lei na 'n toegeboude balkon met 'n etenstafel waar gaste maaltye saam kan nuttig. Hierdie area het groot skuifvensters sodat gaste die vars seelug kan binnelaat. Die woonstel is stapafstand vanaf die strand, winkels en restaurante.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Bad, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.8/5
Nadia Geverifieer
Eiendomme 17
Resensies 107
Op LekkeSlaap 9 jaar
Ligging
- 3 Athens Road, Bloubergstrand, 7441, Wes-Kaap
- Gaste dink 705 Portico het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 2 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 3 Athens Road, Bloubergstrand, 7441, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang