6 gaste
2 slaapkamers
4 beds
2 badkamers
- 6 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 09:00 - 1 Main Street, Duplex 83 The Dunes Resort, Keurboomstrand, Plettenberg Bay, 6600, Wes-Kaap Sien kaart
Beskrywing
83 @ The Dune is 'n pragtige selfsorg-duplekseenheid in die veilige Dunes-oord in Keurboomstrand. Die oord is net 8 km vanaf Plettenbergbaai langs die N2 in die rigting van Gqeberha (Port Elizabeth), en spog met privaat toegang tot 'n Blouvlagstrand en splinternuwe dek waar gaste hul skemerkelkies kan geniet. Die strand is 'n kort entjie se stap vanaf die eenheid wat deur 'n inheemse woud-gebied lei. Gaste kan hier in die 2 swembaddens baljaar en in die oord se tuin ontspan.
Die eenheid is geskik vir 4 volwassenes en 2 kinders en beskik oor 2 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die eerste slaapkamer het 'n koninggrootte-bed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die eerste badkamer het 'n bad, toilet en wasbak en die tweede badkamer het 'n stort, toilet en wasbak.
Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, mikrogolfoond, ketel, stoof, oond, eetgerei en breekware toegerus en daar is 'n etenstafel met stoele waar gaste hul maaltye kan geniet. Die sitarea het gemaklike sitplek en 'n platskerm-TV. Daar is nog 'n slaapbank in die sitarea wat geskik is vir 2 klein kinders.
Die eenheid het sy eie tuin en beskutte braai-area met 'n ingeboude braai. Daar is ook onderdakparkeerplek vir 1 voertuig.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.6/5
Abri Geverifieer
Eiendomme 20
Resensies 280
Op LekkeSlaap 6 jaar
Ligging
- 1 Main Street, Duplex 83 The Dunes Resort, Keurboomstrand, Plettenberg Bay, 6600, Wes-Kaap
- Gaste dink 83 @ The Dune het ’n uitstekende ligging
Jy sal nog nie hoef te betaal nie.
1 Main Street, Duplex 83 The Dunes Resort, Keurboomstrand, Plettenberg Bay, 6600, Wes-Kaap
Sien kaart- 6 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 09:00
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang