+71

Aan de Bergen Guesthouse

Gastehuis
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 18 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 3 Bethel Street, Swellendam, 6740, Wes-Kaap
  • Vanaf R650 per nag (plek vir 1)

Beskrywing

Aan de Bergen Gastehuis is geleë in die skilderagtige dorpie Swellendam. Die gastehuis is naby besienswaardighede soos die Marloth Natuurreservaat, Bontebok Nasionale Park, Swellendam Gholfbaan en Wildebraam Berry Landgoed geleë.

Hierdie verblyf bestaan uit 8 luukse slaapkamers met 'n pragtige uitsig oor die berge. Daar is 'n klein swembad vir gaste om te geniet. Die Violet Kamer is op die boonste verdieping geleë en bevat 2 enkelbeddens, 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n privaat ingang. Die Lithop Kamer is ook op die boonste verdieping. Hierdie kamer bevat 'n dubbelbed, 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, toilet en 'n privaat ingang. Speldekussing en Protea is twee aparte eenhede met en suite-badkamers en elkeen het sy eie privaat ingang.

Sukkulente Kothuis is 'n vrystaande eenheid met twee slaapkamers, 'n sitkamer en kombuis, asook buitelug-vermaakgeriewe in 'n privaat tuin.

Verblyf word aangebied in die Clivia, Broodboom Kamer en Aloe Kamer, wat slegs kamergeriewe het.

Al die kamers en selfsorg-eenhede beskik oor Netflix sowel as 'n yskassie en mikrogolfoond. Bykomende geriewe sluit in gratis WiFi, 'n braai-area en veilige parkering.

Doendinge in die omgewing sluit in 4x4-roetes, bergfietsry, wynproe, visvang, gholf en stap. Daar is verskeie restaurante in die omgewing.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
Toeganklik vir kosaflewerings-apps
Mooi uitsig

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 104 resensies

Uitstekend

Netheid
4.7
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.6
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Wynand D
Besigheidsreis
5.0
Baie lekker. Baie lekker, netjies en skoon.
Nov 2025
Heloise B
Saam met lewensmaat
5.0
Vriendelike, lieflike eienaar. Sy gaan uit haar pad om jou veilig te laat voel. Die eienaar was so vriendelik gewees. Sy het ons laat voel asof ons da...
Sien meer
Nov 2025
Benita L
Saam met lewensmaat
5.0
Baie aangename en goeie ervaring. Baie lekker gebly, dankie.
Nov 2025
Annemarie B
5.0
Pragtig, skoon, veilig. Baie lekker gebly en gasvrye ontvangs.
Nov 2025
Elize K
Saam met lewensmaat
5.0
Aangename ervaring. Baie rustige atmosfeer het heerlik gekuier.
Okt 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Corlia Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 104

Op LekkeSlaap 9 jaar

Ligging

  • 3 Bethel Street, Swellendam, 6740, Wes-Kaap
  • Gaste dink Aan de Bergen Guesthouse het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 650
per nag (plek vir 1)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 650
per nag (plek vir 1)
Vanaf
R 650
per nag (plek vir 1)
Bespreek
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 18 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 3 Bethel Street, Swellendam, 6740, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA91a54848169f3fe03a213e3c7fbcdede5b8c92638a61bd1f456d7699fd83d666d62fc2d998389cc30a30ae125603f8738f98?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R650 per nag (plek vir 1) 104 5 1 5 3 Bethel Street Swellendam 6740 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -34.028438 20.4318345
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang