6 gaste
2 slaapkamers
4 beddens
2 badkamers
- Slaapplek vir 6 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - 19 Reservoir Road, Parel Vallei, Somerset West, 7130, Wes-Kaap Sien kaart
Beskrywing
Agape' Garden Rest is in 'n rustige en luukse woonbuurt in Somerset-Wes geleë. Hierdie tuinkothuis is op die eienaar se perseel, teen die hange van die Helderberg in Parel Vallei geleë. Dit spog met 'n uitsig op die Hottentots-Hollandberge en word deur verskeie bome omring.
Dié tuinkothuis bied slaapplek aan 6 gaste en het 'n privaat ingang. Die kothuis beskik oor 2 slaapkamers, 2 badkamers, 'n kombuis en 'n sitarea. Die eerste slaapkamer het 'n spesiale, antieke dubbelbed en die tweede slaapkamer het 2 antieke enkelbeddens. Die sitarea het 'n slaapbank vir 2 gaste en 'n ekstra rusbank. Elke badkamer het 'n luukse stort en lei direk na die swembad.
Die kombuis is met 'n groot yskas-vrieskas, mikrogolfoond, gasstoof, oond, skottelgoedwasser, broodrooster, ketel, eetgerei en breekware toegerus. Die sitarea het 'n gemaklike sitkamerstel en 'n platskerm-TV.
Gaste kan die gemeenskaplike swembad geniet. Dit is direk voor die stoep op dieselfde vlak en langs die heerlike onderdak-buitebraai. Veilige parkeerplek is agter 'n afstandbeheerde hek beskikbaar en daar is plek vir 'n waentjie.
Pragtige bergfietsroetes, stappaadjies en gholfbane is binne 'n 5 km-radius beskikbaar.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Toilet
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Leefarea
1 x Dubbelslaapbank
Badkamer
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
5/5
Gerhard Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 10
Op LekkeSlaap 2 jaar
Ligging
- 19 Reservoir Road, Parel Vallei, Somerset West, 7130, Wes-Kaap
- Gaste dink Agape' Garden Rest het ’n uitstekende ligging
Jy sal nog nie hoef te betaal nie.
19 Reservoir Road, Parel Vallei, Somerset West, 7130, Wes-Kaap
Sien kaart- Slaapplek vir 6 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Gasteprofiel bestaan reeds
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Dit lyk asof jy reeds 'n profiel as ’n gas het. Teken asseblief in om jou identiteit te verifieer voordat ons jou gasheerprofiel opstel.
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang