+29

Arend Cottage

  • Kapasiteit: 7 persone
    6 volwassenes, 1 baba
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 15 Arend Street, Mbombela (Nelspruit), 1201, Mpumalanga
  • Vanaf R1 700 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Arend Cottage is 'n selfsorg-eenheid in Mbombela (Nelspruit), Mpumalanga. Mbombela (Nelspruit) is in die vrugbare Krokodilriviervallei geleë en spog met sonskyn, 'n matige subtropiese klimaat, welige plantegroei en verskeie besienswaardighede. Dis ook die poort na Mpumalanga en die Krugerwildtuin.

Die kothuis bied slaapplek aan 6 volwassenes of 4 volwassenes en 2 kinders en beskik oor 'n slaapkamer en 'n solderkamer. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en die solder het 2 enkelbeddens en 'n lae, kindervriendelike dubbelbed. Die gedeelde badkamer het 'n stort, wasbak en toilet.

Elke kamer en die leefareas het waaiers.

Die kombuis is goed toegerus vir selfsorg en die sitkamer het gemaklike sitplek en 'n TV met Netflix. Daar is ook gratis WiFi, braaigeriewe en 'n aparte alarmstelsel. Die kothuis is langs die hoofhuis geleë met 'n privaat ingang en parkeerarea.

Die perseel grens aan een van Mbombela (Nelspruit) se privaat natuurreservate en dit is dus stil en rustig.

Nabygeleë besienswaardighede sluit die Sudwalagrotte, Mbombela (Nelspruit) Gholfklub, Laeveld Nasionale Botaniese Tuin, Chimp Eden en Emnotweni Casino in. Die eenheid is naby hospitale, die lughawe en verskeie geriewe.

Crossings Winkelsentrum is 4 km, Ilanga Inkopiesentrum is 6 km en Mediclinic Hospitaal is 5 km ver.

Kamer-opset

2 Slaapkamers 1 Leefarea 1 Badkamer

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer

4

2 x Enkelbed / Driekwartbed

1 x Dubbelbed

Leefarea

1

1 x Kinderbedjie

Badkamer

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wassery naby
Openbare vervoer naby
TV
Volledige kombuis
Stroomdienste
Braai

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 27 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.8
Veiligheid
4.7
Gaste se hoogtepunte
Retief B
Saam met lewensmaat
5.0
Heerlike rustige oornag. Heerlik gebly in 'n baie stil area. Gasvrou was baie behulpsaam.
Nov 2025
Estienne D
Gesin met klein kinders
5.0
Lieflike plek gewees. Lieflike plek gewees en veilig.
Okt 2025
Eugene V
Gesin met klein kinders
5.0
Must visit. The place is very peaceful and good value for money.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sep 2025
Alida S
Gesin met tieners
5.0
Baie lekker gebly! Sal beslis weer bespreek met ons volgende kuier! Baie lekker gebly! Sal beslis weer daar oorbly. Aircons sal 'n groot aanwins wees ...
Sien meer
Feb 2025
Elizabeth S
Besigheidsreis
4.8
Fabulous, beautiful scenery and well looked after. Enjoyable, relaxing and value for money.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Jul 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Salmien Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 27

Op LekkeSlaap 7 jaar

Ligging

  • 15 Arend Street, Mbombela (Nelspruit), 1201, Mpumalanga
  • Gaste dink Arend Cottage het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 1 700
per nag (plek vir 6)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 700
per nag (plek vir 6)
Vanaf
R 1 700
per nag (plek vir 6)
Bespreek
  • Kapasiteit: 7 persone
    6 volwassenes, 1 baba
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 15 Arend Street, Mbombela (Nelspruit), 1201, Mpumalanga
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA297668fe45042f680da019a636b7e44dba3252cbea9280c720e1cb7625781182cf64f1d03b11af1d15811513ba0449d0de4a?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 700 per nag, vir 6 mense 27 5 1 5 15 Arend Street Mbombela (Nelspruit) 1201 Mpumalanga 021 201 8901 14:00-21:00 10:00 -25.48764 30.9865

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang