Arend Cottage

Voeg by Gunstelinge

 

Winteraanbod 10 % af

Kry 10% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 3 Jul 2019 tot 3 Aug 2019.

Beskrywing

Arend Cottage is 'n selfsorg-eenheid in Nelspruit, Mpumalanga. Nelspruit is in die vrugbare Krokodilriviervallei geleë en spog met sonskyn, 'n matige subtropiese klimaat, welige plantegroei en verskeie besienswaardighede. Dis ook die poort na Mpumalanga en die Krugerwildtuin.

Die kothuis bied slaapplek aan 6 volwassenes of 4 volwassenes en 3 kinders en beskik oor 'n slaapkamer en 'n solderkamer. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en die solder het 2 enkelbeddens en 'n lae, kindervriendelike dubbelbed. Die gedeelde badkamer het 'n stort, wasbak en toilet.

Elke kamer en die leefareas het waaiers.

Die kombuis is goed toegerus vir selfsorg en die sitkamer het gemaklike sitplek en 'n TV met DStv. Daar is ook gratis WiFi, 'n aparte funksionerende alarmstelsel en parkeerplek op die perseel.

Die kothuis is langs die hoofhuis geleë met 'n privaat ingang en parkeerarea.

Die perseel grens aan een van Nelspruit se privaat natuurreservate en dit is dus stil en rustig.

Nabygeleë besienswaardighede sluit die Sudwalagrotte, Nelspruit Gholfklub, Laeveld Nasionale Botaniese Tuin, Chimp Eden en Emnotweni Casino in. Die eenheid is naby hospitale, die lughawe en verskeie geriewe.

Crossings Winkelsentrum is 4 km, Ilanga Inkopiesentrum is 6 km en Medi Kinderhospitaal is 5 km ver.

Slaapplek

'n Bespreking by Arend Cottage sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 volwassenes en 2 kinders
2 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Kindermatras vir 2

Slaapkamer 3 - Huisves 1 volwassene en 1 kind
1 x Enkelslaapbank
1 x Kinderbedjie

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Forelhengel
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Badkamer

  •  Aparte Toilet
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Waaier
  •  Sitkamer

Konferensie geriewe

  •  Internet
  •  Televisie

Maaltye Aangebied

  •  Tee
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Arend Cottage gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 000 R1 800 per nag (vir 7 mense)

Kry 10% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 3 Jul 2019 tot 3 Aug 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]