+76
Hotel in Arniston

Arniston Spa Hotel

  • Slaapplek vir 124 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • 1 Beach Road, Arniston, 7280, Wes-Kaap Sien kaart
  • TGCSA-gradering:

Beskrywing

Arniston Spa Hotel is in Arniston, net 2 ure se ry van Kaapstad af op 'n pad wat deur die pragtige, golwende heuwels van die Overberg loop. Die hotel is in een van die Kaap se mooiste liggings, langs 'n ou vissersdorpie geleë en is omring deur ongerepte strande en natuurreservate.

Elke kamer het 'n en suite-badkamer, 'n TV met DStv, sowel as tee- en koffiemaakgeriewe. Sommige kamers het 'n lieflike kaggel of 'n privaat balkon. Al die kamers is ruim en het 'n uitsig oor die see of die swembad.

Die hotel is omring deur 'n oorvloed seelewe en jy is verseker van smullekker oesters en die varsste vis van plaaslike vissermanne. Ons gesofistikeerde spyskaart kombineer tradisionele Suid-Afrikaanse kookkuns met moderne uitvindsels van bekende kokke. Jou kookkunsbederfies word afgerond met 'n lys bekroonde wyne waarvan baie plaaslik is. Ons bied 'n ontbyt-buffet wat bestaan uit 'n liplekker verskeidenheid tradisionele en gesonde kos.

Die hotel bied verskeie geriewe wat 'n swembad buite, 'n kinderklub, tafeltennis, restaurant en 'n dameskroeg insluit. Die bekende Ginkgo Spa het 4 pragtige behandelingskamers, 'n rustige ontspanningskamer en saunas. Al die vertrekke is gerieflik ingerig sodat jy jou batterye kan herlaai. Die Dubbelbehandelingskamer is ideaal vir paartjies om saam gepamperlang te word. Die Rasul, 'n detoksifiserende Turkse stoomritueel, dra verder by tot die ongelooflike bederf wat hierdie plek bied.


Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wasgoeddiens
Konferensiegeriewe
Spa
Swembad
Ontbyt beskikbaar
Restaurant op die perseel
Mooi uitsig
24-uur-ontvangs
Lughawe-vervoer op versoek

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 281 resensies

Uitstekend

Netheid
4.7
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.7
Veiligheid
4.7
Gaste se hoogtepunte
Leon R
Saam met lewensmaat
5.0
Perfect location, service and all that we needed to have a relaxed stay. Lovely room with a view over the ocean. Relaxed, comfortable a...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Mei 2026
Tessa J
Saam met lewensmaat
5.0
Great hotel, fabulous breakfast. Lovely stopover, huge poolside room. Great breakfast with a large choice. We will be back.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Apr 2026
Lucinda W
Saam met lewensmaat
5.0
Wonderful relaxing stay. My husband and I have come every year for the past 3 years for our anniversary. We absolutely love everything ...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Apr 2026
Annie P
Saam met lewensmaat
5.0
Dit was fantasmagories. Dit was verfrissend, heerlik en ek het elke oomblik geniet.
Apr 2026
Peter T
Saam met lewensmaat
5.0
Waarde vir geld; pragtige omgewing en rustige atmosfeer. Baie lekker. Die rustigheid en smaaklike etes verskriklik geniet.
Apr 2026

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Heinrich Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 281

Op LekkeSlaap 11 jaar

Ligging

  • 1 Beach Road, Arniston, 7280, Wes-Kaap
  • Gaste dink Arniston Spa Hotel het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 1 590
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 590
per nag, vir 2 mense
Bespreek

Jy sal nog nie hoef te betaal nie.

Vanaf
R 1 590
per nag, vir 2 mense
Bespreek

1 Beach Road, Arniston, 7280, Wes-Kaap

Sien kaart
  • Slaapplek vir 124 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Soos Gesien op Facebook
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • TGCSA-gradering:
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAf497a0d3b5eb86b7c3311f3e3ca7bdf5b43396e115ed89d349ec0ed5180cb3160177571da458180b823f5c1ac7724f9310fe?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 590 per nag, vir 2 mense 281 5 1 5 1 Beach Road Arniston 7280 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-21:00 11:00 -34.667448145894 20.23158878088
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Gasteprofiel bestaan ​​reeds

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Dit lyk asof jy reeds 'n profiel as ’n gas het. Teken asseblief in om jou identiteit te verifieer voordat ons jou gasheerprofiel opstel.

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang