+14

Bains Game Lodge

Resensies

4/ 5

Gebaseer op 14 resensies

Baie goed

Netheid
3.7
Ligging
4.3
Waarde vir geld
4.0
Diens
3.5
Veiligheid
4.3
Neels D
1 nag Saam met lewensmaat
5.0
Jan 2026

Sal weer daar gaan bly. Baie lekker. Waarde vir geld.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

James V
1 nag
5.0
Aug 2025

Ek het baie lekker gebly. Sien sterre.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Lindi
Bains Game Lodge
Baie dankie vir jou positiewe terugvoer! Ek waardeer dit baie!

Nadine M
1 nag Saam met lewensmaat
4.8
Aug 2025

Gerieflik en veilig. Ons het baie gemaklik en veilig geslaap. Dit is baie stil en die veilige parkering vir ons voertuig het vir seker dat ons rustig kon slaap. Kamer was netjies en skoon. Sal beslis weer daar oornag.

Netheid
5.0
Diens
4.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Anonieme gas
1 nag Saam met lewensmaat
3.2
Mrt 2026

Netheid
1.0
Diens
4.0
Ligging
4.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
3.0

Erik J
1 nag Saam met lewensmaat
3.0
Apr 2026

Skokkend. Wanneer 'n plek my vra om negatiewe kommentaar vir hulle te stuur eerder as aanlyn te pos, is ek reeds bekommerd. Ek doen resensies nie vir die eienaar nie, maar juis vir mede-reisigers. Ons het in Blok A gebly, so dit gaan nie oor die hele plek nie, maar oor die spesifieke blok - ek weet daar is ander akkommodasie ook wat beslis beter is. Met aankoms moes ons die sleutel nie by ontvangs kry nie, maar in 'n afgeleefde sleutelboks wat teen 'n muur sit by die hek. Dit sou seker nog ok gewees het, maar die gras hier was kniehoogte en ek moes tussen die gras deur vir die sleutel. Ek het geen idee wat sou gebeur as dit gereën het nie - dit is regtig net teen 'n muur met geen dak oor en bos gras vir 'n vloer. Daar is dus geen verwelkoming of kennismaking met die gasheer nie. Ek vind dit baie vreemd. Die parkering is ver van die kamer en alles wat jy nodig het, moet oor die afstand aangedra word terwyl daar parkering reg voor die plek is. Hek C waar jy moet in het egter tralies sodat jy nie tot voor die plek kan ry nie. Buite het daar wasgoed rondgehang en dit het amper voorgekom soos 'n studente- of kontrakteursverblyfplek. Die advertensie het nie dit genoem nie. Waar die wild is wat in die naam is, is daar geen sprake nie of dit is een groot geheim waar hulle beweeg. Ek kon nie enige area sien wat sou geskik wees om wild aan te hou nie. Die naam moet dus eerder Hostel gewees het - dit is net 'n klomp woonstelblokke. Die kamer waarin ons gebly het, is A15. Met die eerste oogopslag is die kamer ruim genoeg vir twee mense vir een nag. Die probleem hier was die badkamer - ek weet nie wanneer laas die eienaar daar in was nie. Die dak het een groot waterlek en dit is al so lank daar dat daar swart muf welig in die dak lewe. Dit het al 'n gat in geval en is definitief 'n gesondheidsgevaar. Ons het nie eers die bad of stort gebruik nie, want dit het net te vuil gevoel. Die een handdoek wat op die bed gelos is vir ons, is nie eers die beskrywing vloerlap werd nie. Dit is uitgwas en uitgerafel - ek kan nie verstaan hoe jy so iets vir enige mens vir gebruik los nie. Die bed is groot, maar baie ongemaklik en het sy dae gehad. Dan die groot probleem - daar was heel aand mense in die plek wat lanks mekaar staan, maar so hard gesels dat jy dit in die stad sal kan hoor. Toe om 2-uur die nag breek alle hel los met mense wat lag, skree en gesels sodat daar niks geslaap kon word vir ten minste 'n uur nie. Dit is duidelik dat hulle van 'n drinkplek af gekom het en het absoluut geen respek vir ander mense op perseel nie. Die enigste goeie ding wat ons op die plek gekry het, is 'n uitstekende restaurant (Red Oak) waar ons goeie diens en goeie kos gekry het. Dit word deur privaat eienaars bestuur en jy kan dit duidelik sien. Ek sal maklik volgende keer ver uit my pad ry om weer hier aan te doen, maar die Lodge sien my nooit weer vir akkommodasie nie.

Netheid
2.0
Diens
2.0
Ligging
5.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
2.0

Anonieme gas
1 nag Saam met lewensmaat
3.8
Des 2025

Netheid
4.0
Diens
4.0
Ligging
4.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
3.0

Lynne V
1 nag Besigheidsreis
3.4
Aug 2025

Gerieflik. Daar was geen persoonlike kontak met die gasvrou/gasheer nie. Hulle het wel goeie aanduidings en inligting verskaf. Die hek remote se battery was pap. Gesukkel om die hek oop te maak.

Netheid
4.0
Diens
1.0
Ligging
4.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
4.0

Julene S
1 nag Saam met lewensmaat
2.0
Aug 2025

Geen warm water en advertensie is vals. Dis regtig jammer dat ons verblyf nie was wat ons gehoop het nie. Ons het geen warm water gehad (en ja, ons het gewag), maar 5 ketels later en geen warm water dink ek nie is aanvaarbaar nie. Verder sê die advertensie daar is 'n strykyster wat ek graag wou gebruik om my rok wat uit 'n tas gekom het te stryk, maar dit was nie daar nie. Die teël op die bedkassie was stukkend, vervang of neem dit weg. Geen teelepels en slegs 1 wynglas. All in all, glad nie die geld werd nie.

Netheid
2.0
Diens
2.0
Ligging
2.0
Veiligheid
3.0
Waarde vir geld
1.0

Frik D
1 nag Saam met lewensmaat
5.0
Okt 2024

Lindi baie vriendelik en behulpsaam oor telefoon. Verstaan TV nie so lekker.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Sharon B
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Okt 2024

Netjies veilig en rustig. Ons het baie lekker gebly en was verras dat die skoonmaak van die eenheid ook ingesluit is. Die yskassie het bietjie begin raas na die tweede aand en julle kan dalk daarna kyk, maar dit het ons nie gepla nie. Iets wat maar gebeur. Bed het lekker geslaap en was netjies opgemaak.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4/5

Lindi Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 14

Op LekkeSlaap 1 jaar

Vanaf
R 750
per nag (plek vir 2)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie.

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 750
per nag (plek vir 2)
Bespreek

Jy sal nog nie hoef te betaal nie.

Vanaf
R 750
per nag (plek vir 2)
Bespreek

31 Old Kimberley Road, Bains Game Lodge, Bloemfontein, 9301, Vrystaat

Sien kaart
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Slaapplek vir 2 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA184a1b083abe306051e1a6fc06ec68d640fca1a782a9593464de548fff56e4458f8db33008333672c00784511a25194d26d3?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R750 per nag (plek vir 2) 14 5 1 4 31 Old Kimberley Road Bains Game Lodge 9301 Vrystaat 021 201 8901 14:00-23:00 10:00 -29.076338269219 26.158238574869

Welkom by LekkeSlaap

Gasteprofiel bestaan ​​reeds

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Dit lyk asof jy reeds 'n profiel as ’n gas het. Teken asseblief in om jou identiteit te verifieer voordat ons jou gasheerprofiel opstel.

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang