Beach Fantasea
6 gaste
3 slaapkamers
3 beds
3 badkamers
- 6 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 09:00 - 6 Beach Road, Winklespruit, Kingsburgh, 4126, KwaZulu-Natal Sien kaart
Beskrywing
Beach Fantasea bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n drieslaapkamer-strandhuis met 'n see-uitsig. Die huis is net oorkant die pad vanaf die strand in Winkelspruit, Amanzimtoti.
Die huis het 3 slaapkamers, 'n kombuis en 'n oopplan-sitarea en -eetarea. Daar is 1 slaapkamer met 'n koningingrootte-bed en die tweede slaapkamer het 'n stapelbed en die derde slaapkamer het 'n dubbelbed. Daar is bad- en stortgeriewe in die huis.
Die kombuis is met 'n yskas, oond en stoof, mikrogolf, eetgerei, breekware en 'n skottelgoedwasser toegerus. Die sitarea het 'n TV met sekere DStv-kanale en dié area lei na 'n stoep met 'n see-uitsig. Veilige parkeerplek word voorsien en gaste kan in die tuin braai.
Die bekende duik-area, Aliwal Shoal is net 19,4 km van die huis af. Gaste kan in die area swem, visvang, gholfspeel en op die strand perdry. Die strand het lewensredders. Daar is verskeie restaurante en winkels naby die huis en die Galleria Mall is 9,5 km van die huis af. uShaka Marine World in Durban is net 36, 1 km van die huis af.
Dít is wat jy hier sal kry
Ligging
- 6 Beach Road, Winklespruit, Kingsburgh, 4126, KwaZulu-Natal
Jy sal nog nie hoef te betaal nie.
6 Beach Road, Winklespruit, Kingsburgh, 4126, KwaZulu-Natal
Sien kaart- 6 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 09:00
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang