- Slaapplek vir 13 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - 484 Swart Street, Clarens, 9707, Vrystaat Sien kaart
Beskrywing
Bikiberg is geleë in die asemrowende dorpie Clarens, in die Oos-Vrystaat. Die dorpie lê aan die voet van Mount Horeb en word omring deur die Rooiberge. Clarens is slegs 20 minute se ry vanaf Golden Gate Nasionale Park en 20 minute se ry vanaf die watertonnels in Fouriesburg.
Die gastehuis bied verblyf in 4 in- suite eenhede.
Die eerste eenheid, Blybiki, 'n familiekamer, met koningingrootte-bed en 'n enkelbed, sowel as 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en toilet. Dit het ook 'n aparte sitarea met 'n kaggel en 'n selfsorgkombuis. Blybiki is semi-rolstoelvriendelik.
Die tweede eenheid, Rusbiki, 'n Familiekamer, met 'n koningingrootte-bed en in- suite badkamer met 'n stort, wasbak en toilet. Dit het ook 'n enkelbed in 'n aparte kamer, 'n kaggel en 'n selfsorgkombuis.
Die derde eenheid is Wagbiki, 'n standaard dubbelkamer met 'n Queen bed, in-suite badkamer en kombuisie, volledig toegerus vir selfsorg.
Die Hoofhuis, Kuierbiki, het 2 slaapkamers , elk met 'n dubbelbed. Daar is 'n groot oopplan kombuis/onthaal area met 'n 12 sitplek eetkamer tafel. Daar is 'n ekstra enkelbed in die sitkamer gedeelte. Die huis het 1 en 1/2 badkamer, 'n kaggel en 'n volledig toegeruste kombuis met 'n 6 plaat gasstoof en groot yskas en vrieskas. Kuierbiki is ideaal vir gesinskuiers.
Die drie kleiner eenhede is toegerus met 'n lug braaier. Al die eenhede is verder toegerus met 'n yskas, broodrooster, tee- en koffiemaakgeriewe, sowel as 'n induksie-kookplaat en 'n mikrogolfoond. Gaste kan dus hul eie maaltye voorberei of kies uit 'n wye verskeidenheid restaurante in die omgewing. Die 3 kleiner eenhede het hul eie ingange vanaf die patio, terwyl die groot huis ook 2 ander privaat ingange het. Daar is braaigeriewe in die lieflike voël- en byvriendelike tuin met 'n berguitsig. Gratis WiFi en veilige parkering van die straat af is ook beskikbaar.
Die dorp bied 'n wye verskeidenheid restaurante, winkels en kunsgalerye, sowel as perdry, 4x4-roetes, dinosourus-toere, sterrekyktoere, Clarens Xtreme-aktiwiteite, baie staproetes, kaasplase, bierbrouerye en vele ander interessante dinge. Daar is ook 'n magdom feeste wat dwarsdeur die jaar gehou word, sowel as bergwedrenne, fietswedrenne en motorfietswedrenne.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Jaco en Lindi Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 196
Op LekkeSlaap 8 jaar
Ligging
- 484 Swart Street, Clarens, 9707, Vrystaat
- Gaste dink Bikiberg het ’n uitstekende ligging
Jy sal nog nie hoef te betaal nie.
484 Swart Street, Clarens, 9707, Vrystaat
Sien kaart- Slaapplek vir 13 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang