Bloukrans Klein-bewarea
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 4 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: N1, Bloukrans Plaas, Laingsburg, 6900, Wes-Kaap
- Geen kinders onder 12
- Vanaf R1 450 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Bloukrans Klein-bewarea is op 'n plaas van 1000 hektaar in die Moordenaarskaroo tussen Laingsburg en Sutherland. Die plaas is 30 km vanaf Laingsburg en dié ongerepte omgewing bied pragtige fauna, flora, klipkranse en droë rivierbeddings.
Verblyf word in 2 eenhede, die Modderhuis en Kliphuisie, aangebied.
Die Kliphuisie was eens 'n skaapwagterhuisie van klip wat vernuwe is en beskik oor 'n slaapkamer, badkamer, klein sitkamer en 'n kombuisie. Die slaapkamer het 'n dubbelbed en die badkamer 'n bad. Die eenheid het ook 'n buitestort. Die kombuisie is met 'n yskas, koffie- en teemaakgeriewe met beskuit, breekware en eetgerei toegerus.
Die Modderhuis beskik oor 1 slaapkamer, 'n badkamer met 'n bad en 'n stort, 'n klein sitkamer en 'n kombuis. Die eerste slaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer het 'n enkelbed. Die kombuisie is met 'n yskas, koffie- en teemaakgeriewe met beskuit, breekware en eetgerei toegerus. Die eenheid het 'n voor- en agterstoep met buitemeubels en 'n uitsig oor die Karoo-plaas.
Gaste kan in die betonplaasdam afkoel, 'n voetslaanroete aanpak, voëls kyk of net rustig ontspan.
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Skoonmaakdiens Op Versoek
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Aandete Op Versoek
- Piekniekmandjies Op Versoek
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Franci Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 9
Op LekkeSlaap 6 jaar
Ligging
- N1, Bloukrans Plaas, Laingsburg, 6900, Wes-Kaap
- Gaste dink Bloukrans Klein-bewarea het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Kaap Karoo Wes-Kaap
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 4 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: N1, Bloukrans Plaas, Laingsburg, 6900, Wes-Kaap
- Geen kinders onder 12